Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Vordering in stryd teen kaping van woonstelle

Die verhuringsorganisasie Communicare sien uiteindelik lig aan die einde van die tonnel ten opsigte van die onwettige kaping van sy eiendomme in die Kaapstad-omgewing.

Makhosi Kubheka, bedryfshoof van Communicare, sê ’n wettige uitsetting is uiteindelik uitgevoer op diegene wat die Albatros-kompleks in Thornton, Kaapstad, onwettig beset het.

Die “kapers” bly al sowat 20 maande lank in 11 woonstelle in dié kompleks sonder dat hulle enige huur betaal.

Die Albatros-kompleks in Thornton, Kaapstad. Foto: Goodfind Properties

Communicare het al R5 miljoen se huurinkomste verloor weens dié onwettige besetting.

“Die hof het die indringers op 30 Oktober verlede jaar tot 14 Desember kans gegee om die kompleks vreedsaam te verlaat,” sê Kubheka. “Hulle het egter die bevel verontagsaam en die uitsettingsbevel is toe op 19 Mei vanjaar uitgevoer.”

Kubheka sê hulle is verlig om weer besit van hul eiendom te neem en “hierdie lang beproewing te beëindig”.

“Die wiele van geregtigheid het stadig gedraai, maar Communicare het nie eiereg gebruik nie,” sê Kubheka. “Ons het die beslissing aan die hof oorgelaat om die saak regverdig te beoordeel, die wet toe te pas en die nodige stappe teen die indringers te doen.”

Anthea Houston, Communicare se uitvoerende hoof, sê hoewel hulle “simpatie het met die tekort aan bekostigbare behuising in Kaapstad, kan ons nie toelaat dat wetteloosheid die oorhand kry nie”.

Houston sê baie van Communicare se wettige huurders is in hul woonplek gedreig en geïntimideer, “wat onregverdig is”.

Die afgelope twee weke was daar nog pogings om van Communicare se woonstelle in die Brooklyn- en Ruyterwacht-omgewing te kaap.

Kubheka sê daar was sedert 2 Maart vanjaar gewelddadige groepe wat hul woonstelle in die bogenoemde omgewings onwettig wou binnedring.

Dié voorvalle is by die polisie aangemeld.

By die Goedehoop-huurkompleks in Brooklyn, Kaapstad, waar kapers 24 huurwoonstelle beset, het die polisie Communicare aangeraai om kragtens die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting by die hof aansoek te doen om die indringers te verwyder.

“Die hooggeregshof het nou al argumente van albei kante aangehoor en ons wag tans op die uitspraak van die regter. Dit is onduidelik wanneer die uitspraak gelewer sal word. Die besetters is steeds in van ons woonstelle by Goedehoop,” sê Kubheka.

Meer oor:  Woonstelle  |  Eiendomme  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.