Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Vrae oor Bfn-verkeersman in tronk, met volle salaris

’n Verkeersbeampte van Mangaung wat drie maande gelede tot sewe jaar tronkstraf gevonnis is weens bedrog en omkopery, kry glo steeds sy salaris – in die Grootvlei-tronk.

Rossouw Botes, DA-raadslid, sê hy het Woensdag verskeie vrae daaroor aan die stadsbestuurder, adv. Tankiso Mea, gestuur.

Rossouw Botes Foto: Marietjie Gericke

“Dit kan mos nie waar wees nie? Sy kollegas kla en is ontevrede oor wat aangaan. Terwyl hulle voldag hard vir hul salarisse moet werk, sit hy rustig in die tronk en kry nog sy betaling.”

Botes sê in die swak geldelike toestand waarin die metro verkeer, is dit skokkend om te sien dat so iemand nog betaal word.

Die wet is baie duidelik daaroor: Só ’n persoon moet dissiplinêr verhoor en onmiddellik afgedank word as hy skuldig bevind is aan ’n groot oortreding.

Botes het gesê van die man se kollegas het by hom daaroor gekla en meen die amptenaar word beskerm.

Botes sê die DA het bewyse dat dit wel so is.

“Die afgelope week is weer vir ontvangs van sy betaalstrokie geteken. Sy kollegas teken daarvoor terwyl hy in die tronk is.”

Die metro het by navraag gesê die amptenaar is wel onmiddellik afgedank nadat hy skuldig bevind is. Hy sê dit is onwaar dat die amptenaar steeds betaal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.