Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Vrystaat begroot vir R34 miljard

’n Begroting van R34 miljard vir die Vrystaat is Woensdag deur Elzabe Rockman, LUR vir finansies, by die Aventura-oord by die Gariepdam ter tafel gelê.

Die grootste gedeelte gaan vir onderwys (R13,5 miljard) en vir gesondheid (R10,4 miljard).

Elzabe Rockman Foto: Mlungisi Louw

Rockman het gesê werkskepping en kleinsake-ontwikkeling, jeug-ontwikkeling, infrastruktuur-ontwikkeling en -uitbreiding, grondhervorming, kleinboerderye en landbou-ontwikkeling, asook omvattende maatskaplike sekuriteit, opvoeding en die leer van vaardighede, asook ’n geïntegreerde plan om misdaad te bekamp, is die fokus van die begroting.

Dit sluit ook in die bevordering van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), die Afrika-vasteland en Brics-vennootskappe.

Sy het oor werkskepping gesê hoewel vroue meer as 50% van die Vrystaat se bevolking uitmaak, vorm hulle skaars 35% van die werkmag.

Werkloosheid onder die jeug in die ouderdomsgroep 15 tot 24 staan op 62,2% en in die groep 25 tot 34 op 38,4%. Na raming is 60% van die werkmag in Afrika onder 30 jaar oud. Dit is waarom dit so belangrik is om vir veral die jeug werk te skep en vaardighede aan te leer.

Die algehele werkloosheid het in die vierde kwartaal van 2017 op 32,6% gestaan.

Die Vrystaatse ekonomie het in 2017 na raming met 0,2% agteruitgegaan, nadat dit stagnant in 2016 was.

Min groei van 0,4% word vir 2018 geprojekteer met verdere groeiprojeksies van 0,7% vir 2020.

Groot besparings is ook in die begroting ingewerk om geld te verkry vir gratis hoër onderwys en opleiding.

Positiewe groei is die afgelope boekjaar in die landbou bespeur (19,7%), asook in die boubedryf (39,8%), vervoer (8,1%), finansies (61,3%) en gemeenskaps- en maatskaplike dienste (10,9%).

Werkverliese is ondervind in veral die mynbou (-5,8%), vervaardigingsbedryf (-6,1%), handel (-15,4%) en private huishoudings (-5,9%).

Die produksie van goudmyne bly afneem wat ’n negatiewe uitwerking op werkskepping het.

Die ineenstorting van die mynboubedryf het ’n negatiewe uitwerking op veral munisipaliteite soos Masilonyana (Brandfort, Winburg en Theunissen) en Matjhabeng (Goudveld).

Rockman het in haar begrotingsrede gesê dit is van die uiterste belang dat sukkelende munisipaliteite se geldsake reggeruk moet word en dat ’n goeie inkomste-genererende grondslag vir die munisipaliteite geskep word deurdat inwoners geleer en gedwing word om vir munisipale dienste te betaal.

Die nuut voorgestelde mediumtermyn-begroting vir die tydperk tot 2021 doen nie veel om die kernprobleme in die provinsie aan te pak nie.

Antwoorde op ingewikkelde vrae moet ook verkry word soos of Sassa se maandelikse maatskaplike toelaag van R730 miljoen in die Vrystaat die ekonomie van die Vrystaatse townships bevoordeel en die beginsels van radikale ekonomiese transformasie bevorder.

Die werklikheid is dat die hoeveelheid werk wat in die provinsie geskep moet word, ver buite die vermoë van die staat is.

Klein-, medium- en makro-sakeondernemings wat sedert 2014 geldelik deur die provinsie ondersteun word, het gegroei tot 131 waaraan R800 miljoen bestee is.

Van die 131 is 97% in die Vrystaat gebaseer; 88,5% word deur swart mense besit, terwyl 49,5% deur vroue besit word en 15% deur die jeug.

Groot besparings is ook in die begroting ingewerk om geld te verkry vir gratis hoër onderwys en opleiding.

Die swak finansiële bestuur en gebrek aan behoorlike beheer en vaardighede in die departemente en munisipaliteite het tot gevolg gehad dat die provinsie nou byna R1 miljard verloor het, omdat dit nie behoorlik gebruik is nie.

Die Vrystaatse fiskus sal oor die volgende drie begrotings met R1,3 miljard verminder word deurdat die gelyke-beregtigingstoelaag in die tydperk met R411 miljoen sal verminder en ’n verdere R892 miljoen besparing sal van voorwaardelike toelae kom.

Tammy Wessels, VF Plus-LW, het in haar kommentaar gesê die Vrystaat se koffers is leeg en dit wat wel vir departemente en munisipaliteite beskikbaar is, moet behoorlik toegewys en bestuur word.

Die nuut voorgestelde mediumtermyn-begroting vir die tydperk tot 2021 doen nie veel om die kernprobleme in die provinsie aan te pak nie.

Die vermindering deur die nasionale tesourie in voorwaardelike toekennings van R892 miljoen is uiters kommerwekkend, aangesien dié toekennings gebruik word om infrastruktuur-ontwikkeling en instandhouding te doen en te bevorder.

Die swak finansiële bestuur en gebrek aan behoorlike beheer en vaardighede in die departemente en munisipaliteite het tot gevolg gehad dat die provinsie nou byna R1 miljard verloor het, omdat dit nie behoorlik gebruik is nie.

Meer oor:  Saog  |  Brics  |  Tammy Wessels  |  Vrystaat  |  Gariepdam  |  Begroting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.