Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Vrystaat-waterkrisis ál groter wyl Dag Zero nader sluip
Sugar Ramakarane, munisipale bestuurder van die Setsoto-munisipaliteit Foto: Setsoto-munisipaliteit

Die waterkrisis in die Vrystaat raak by die dag erger en een van die munisipaliteite het reeds ’n noodtoestand verklaar.

David van Vuuren, DA-LPW, sê die erns van die waterkrisis in die Vrystaat duur voort, met Dag Zero wat vinnig nader kom.

Senekal, Marquard en Ficksburg (Setsoto-munisipaliteit) sit met ’n magdom waterverwante kwessies wat inwoners hoofbrekens besorg.

“In die laaste 14 dae het ’n reservoir op Senekal oorgeloop wat meegebring het dat miljoene liters gesuiwerde water in die veld verdwyn het – op belastingbetalers se koste,” sê Van Vuuren.

“Engo se tehuis vir bejaardes op Senekal het reeds die laaste drie weke nie toegang tot lopende water nie en drinkwater moes vir hulle gekoop word. Verder het die krane gister (Woensdag) op Marquard opgedroog, terwyl die DA sedert 2016 voortdurend vra dat die Setsoto-munisipaliteit die sluise by die dam moet regmaak om te voorkom dat water daar uitvloei.”

Daarbenewens is die kabels en onderdele van die transformator, wat die krag verskaf om water na ’n opgaardam te pomp, weens ’n gebrek aan veiligheid en polisiëring by die dam gevandaliseer.

Op Ficksburg is die kabels en die pompstasie van die sandpompe in die Caledonrivier gevandaliseer.

Op Ficksburg is die kabels en die pompstasie van die sandpompe in die Caledonrivier gevandaliseer. Dit sal die Setsoto-munisipaliteit sowat R4 miljoen kos om te herstel.

Van Vuuren sê ’n onlangse verslag van die ouditeur-generaal (OG) dui aan dat die Setsoto-munisipaliteit waterverliese van R7 miljoen gely het. Dit verteenwoordig 26% van sy wateraankope.

“Dit is ’n misdaad om gesuiwerde water so te vermors en dit te wanbestuur, terwyl dit die regstreekse gevolg van ’n gebrek aan infrastruktuur in die Vrystaat is.”

Hy sê die provinsiale en plaaslike regerings pak die skuld vir watervoorsieningsprobleme op die droogte en apartheid, maar inwoners weet dat die probleme onder die huidige regering bestuursverwant is,” sê hy.

“Dit het tyd geword dat kundige en bekwame amptenare weer by munisipaliteite aangestel word.”

* Sugar Ramakarane, munisipale bestuurder van die Setsoto-munisipaliteit, sê hy is baie bekommerd oor Marquard waar die water Woensdag opgedroog het.

“Ons gaan kyk hoe vinnig ons boorgate kan sink.”

Oor die vandalisme aan die waterpompe en pompstasie wat in die sandbanke van die Caledonrivier by Ficksburg opgerig is, sê hy ’n versekeringsmaatskappy stuur Maandag mense wat die waterpompe en pompstasie sal herstel.

Die waterreservoirs op Senekal wat oorloop, is volgens hom die skuld van werknemers wat nie snags die elektriese pompe by die reservoirs afskakel as dit vol is nie.

“Ons gaan teen hulle optree.”

Meer oor:  Droogte  |  Dag Zero  |  Waterkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.