Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Vrystaat wil teen 2022 van emmertoilette ontslae wees

’n Implementeringsagent is aangestel om te help met die Vrystaat se projek om met die emmertoiletstelsel weg te doen. Die aanstelling is deur Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, gedoen.

Die departement van water en sanitasie sê in ’n verklaring die provinsie het ’n agterstand van 10 202 emmertoilette wat verwyder moet word. Die stelsel sal na verwagting teen Maart 2022 uitgewis wees.

Die Behuisingsontwikkelingsagentskap (HDA) sal as implementeringsagent vir die departement optree en sewe projekte in dié verband in die provinsie bestuur.

Die bou en opknapping van afvalwaterinfrastruktuur sal in Clocolan, Ficksburg, Senekal, Reitz, Petrus Steyn, Arlington en Dealesville plaasvind om met die emmertoilette weg te doen.

Die departement beklemtoon plaaslike arbeid sal waar moontlik vir die konstruksie gebruik word in ’n poging om die dorpe op te hef. Aankope by plaaslike klein, middelslag- of mikro-ondernemings (KMMO’s) sal deel van die kontrakteurs se kontrakvoorwaardes wees.

Meer oor:  Lindiwe Sisulu  |  Vrystaat  |  Sanitasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.