Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Vrystaatse regering skuld miljoene aan Mangaung
Tammy Wessels, VF Plus-lid van die Vrystaatse wetgewer.Foto: Netwerk24

Die Vrystaatse regering skuld nagenoeg R466 miljoen aan die Mangaung-metro, waarvan R330 miljoen deur die departement van openbare werke verskuldig is.

So sê Tammy Wessels, VF Plus-lid van die Vrystaatse wetgewer.

“Die metro, wat Woensdag deur die ouditeur-generaal (OG) uitgewys is as die swakste metro in die land wat finansiële bestuur betref, dreig om water en elektrisiteit na staatsgeboue af te sny weens hierdie agterstallige skuld.

“Vrystaatse munisipaliteite is in ’n ongekende geldnood as gevolg van wanbestuur, kaderontplooiing, korrupsie en die algehele onvermoë van die ANC om behoorlike bestuur toe te pas. Dit is ’n kultuur wat deur die hoogste leierskap in die regerende party gevestig is.”

Wessels sê dit is ’n skande dat staatsdepartemente, soos die departement van openbare werke, nie sy verpligtinge teenoor munisipaliteite nakom nie. Die regering kan nie van belastingbetalers verwag om klokslag maandeliks hul munisipale rekeninge te betaal as die regering self nie die voorbeeld kan stel nie.

Die departement, onder leiding van Dora Kotzee as LUR, is wanfunksioneel en kan nie basiese finansiële bestuur toepas nie.

Die VF Plus neem kennis van die invorderingsmaatreëls wat deur die metro ingestel word en verwelkom dit, maar beskou dit ’n skande dat dit vir ’n munisipaliteit nodig is om sulke maatreëls teen ’n provinsiale departement in te stel.

“Die gebrek aan effektiewe leierskap is besig om die ANC in te haal. Dit het tyd geword dat belastingbetalers op ’n alternatiewe soort regering aandring wat nie deur een enkele party oorheers word nie,” sê Wessels.

Meer oor:  Tammy Wessels  |  Mangaung-Metro  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.