Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Departemente skuld munisipaliteite R919 m.

Die ANC-regering kniehalter munisipaliteite deur toe te laat dat provinsiale departemente miljarde rande vir elektrisiteit- en watervoorsiening, erfbelasting en tariewe verskuldig is.

Tammy Wessels, Vryheidsfront Plus-lid van die Vrystaatse wetgewer, sê die Vrystaatse departemente is die grootste oortreders in die land wat betref uitstaande skuld aan munisipaliteite. Hul skuld aan Vrystaatse munisipaliteite behels 25% van die totale R3,7 miljard wat provinsies aan munisipaliteite verskuldig is.

Vrystaatse departemente se skuld aan munisipaliteite beloop R919 miljoen.

Die Vrystaat gaan reeds gebuk onder die swakste munisipale bestuur in die land met drie munisipaliteite wat die afgelope 12 maande onder administrasie geplaas is en wat gereeld beurtkragdreigemente van Eskom ontvang oor die nienakoming van afbetalingsooreenkomste, sê Wessels.

Munisipaliteite en die provinsiale owerheid kan nie van verbruikers verwag om hul elektrisiteitsrekenings te betaal as die owerheid dit self nie doen nie, sê sy.

Die provinsiale owerheid moet ’n voorbeeld aan munisipaliteite stel. Dit is daarom onaanvaarbaar dat sulke uitstaande bedrae deur departemente geskuld word, sê Wessels.

Elzabé Rockman, Vrystaatse LUR vir finansies, is verskeie kere om kommentaar gebel, maar het nie haar telefoon geantwoord nie.

Meer oor:  Vf-Plus  |  Eskom  |  Tammy Wessels  |  Skuld  |  Munisipaliteite  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.