Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
VS dorpe, dele van Bloemfontein sonder krag
Centlec het dié foto op Facebook geplaas nadat pale en kragkabels In Bloemfontein deur ’n storm beskadig is. Foto: Centlec/Facebook

Dele van Bloemfontein se noordelike voorstede soos Dan Pienaar én gebiede in Mangaung oos van die middestad se krag was teen  laatmiddag Maandag reeds sowat 20 uur af terwyl inwoners van die Vrystaatse dorpe Rouxville, Smithfield en Zastron is al sedert Sondag sonder elektrisiteit is. Inwoners is omgekrap omdat hulle glad nie Centlec in die hande kry om die rede vir die onderbreking te kry nie.

Stefanie Jansen van Rensburg, Eskom se provinsiale woordvoerder, het gesê inwoners moet hulle gereed maak om ook Maandag sonder elektrisiteit te wees.

Volgens haar moet ’n transformator by die Rouxville-substasie vervang word.

Sy sê Eskom hoop om die kragtoevoer in Zastron teen middernag te herstel en teen Dinsdagoggend vroeg in Smithfield en Rouxville.

Intussen is inwoners in die noorde van Bloemfontein al sedert Saterdag sonder krag.

Een van die gebiede waar stormweer daartoe gelei het dat Bloemfonteiners sonder krag sit. Centlec het dié foto geplaas van sy werkers wat besig is om die skade te herstel.Foto: Centlec/Facebook

Centlec, die Mangaung-metro se kragverspreider, het op Facebook onder inwoners deurgeloop en gesê hy werk onverpoos om die kragtoevoer te herstel nadat stormweer groot kragonderbrekings veroorsaak het.

Inwoners reken egter die kraginfrastruktuur word nie goed genoeg in stand gehou nie.

Trudy Lavender sê sodra die weer opsteek, is die krag af. Haar kragtoevoer is Saterdag herstel nadat dit 18 uur af was, maar Sondag moes sy weer sonder krag sit.

Mense wou ook weet wie vir kos wat bederf het, gaan betaal.

Van die gebiede wat geraak word, is Phase 2, J.B. Mafora, Khotsong, Caleb Motshabi, Rocklands, Phelindaba, Ipopeng, Turflaagte, Bergman Square, Grootvlei, Khayelitsha en Grasslands.

Centlec se kommunikasieafdeling kon nie Maandag vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Vrystaat  |  Krag  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.