Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Vullis steeds in Jhb verwyder, maar minder busse ry

Terwyl vullisverwyderingsdienste in Johannesburg volgehou sal in die staat van inperking, sal busdienste hul bedrywighede afskaal.

“Vullisverwydering is as ’n noodsaaklike diens geïdentifiseer. Pikitup sal voortgaan met sy bedrywighede en daar word pogings aangewend om vullis meer gereeld te verwyder tydens die inperking,” sê Geoff Makhubo, burgemeester van Johannesburg, Woensdag in ’n verklaring.

Gauteng is die episentrum van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika, met 366 gevalle teen Woensdag teenoor die land se totaal van 709.

Geoff Makhubo, burgemeester van Johannesburg Foto: Felix Dlangamandla

Makhubo sê van Vrydag af bedryf die Metrobusdiens sewe busse per dag met sewe bestuurders per week wat sal roteer. Drie busbestuurders sal elke dag op bystand wees.

Roetes

* Soweto na Sunninghill via Sandton. Dit sal om 05:00 uit Protea in Soweto vertrek en om 16:30 terugkeer;

* Wes-Rand na die Johannesburgse middestad om 06:00 en 07:00, met die terugroete om 12:00 en 17:30;

* Gandhi-plein na Sandton om 06:30 en 07:30 met die terugroete om 16:00 en 17:00; en

* Rosettenville na die Charlotte Maxeke-hospitaal van 06:00 tot 07:00, met die terugroete om 12:00 en 17:00.

“Alle busse sal een keer elke 24 uur ontsmet word en twee keer per dag gewas word. Handreinigers sal op die busse asook by kaartjieskantore en busdepots aan pendelaars verskaf word,” sê Makhubo.

Die stad se lisensiekantore sal tot verdere kennisgewing gesluit wees, maar die afsny van water en krag in die stad sal opgeskort word.

“Hierdie maatreëls is daarop gemik om die stad se veiligheid en veerkragtigheid te beskerm. Ons wil die president (Cyril Ramaphosa) se oproep aan almal herhaal om soveel moontlik tuis te bly en hulself te isoleer. Ons eggo ook dr. Zweli Mkize se stelling dat mediese spanne alleen nie die koronavirus kan inperk en hok slaan nie, maar wel hoe ons as burgers en inwoners optree in ooreenstemming met die riglyne wat uitgereik is,” sê Makhubo.

Water en elektrisiteit

* Alle geskeduleerde instandhouding en beplande onderbrekings word opgehef sodat die bedryfspanne beskikbaar is vir die doeltreffende bestuur van onbeplande en noodonderbrekings:

* 400 watertenks sal strategies geplaas word op verskeie plekke waar daar weerlose gemeenskappe in die stad is om hul toegang tot water te verbeter en watertenkwaens sal gestuur word aan ongedienste gemeenskappe en informele nedersettings;

* Chemiese toilette in informele nedersettings sal in plaas van die huidige twee keer per week, in die inperkingstydperk drie keer per week skoongemaak word; en

* Water sal steeds voorsien word aan inwoners wat deel vorm van die uitgebreide maatskaplike pakket totdat die inperkingstydperk verby is en hulle in staat sal wees om die diens by hul naaste klantedienssentrum te hernu.

Meer oor:  Johannesburg  |  Water  |  Elektrisiteit  |  Vullisverwydering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.