Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
W-Kaap ‘gryp geleenthede aan’ wat Cyril beoog

Die Wes-Kaap fokus al vir jare op die ekonomiese geleenthede en werkskepping wat olie en gas, toerisme en die landbou bied en waarop pres. Cyril Ramaphosa tans aandring, sê Alan Winde, waarnemende premier.

Pres. Cyril Ramaphosa lewer Donderdag se staatsrede in die parlement. Foto: Jaco Marais

Winde, ook LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Vrydag meer as 150 diplomate en amptenare van die provinsiale regering en Kaapstad-metroraad by die premierswoning Leeuwenhof toegespreek. Hy was voorheen die LUR vir ekonomiese geleenthede, toerisme en landbou.

“Wat die president voorstel, het ons al sedert 2013 in die Wes-Kaap in werking gestel en ons groei in werkskepping getuig daarvan.”

Volgens Winde het Ramaphosa in Donderdag se staatsrede erkenning gegee aan die Wes-Kaap se Projek Khulisa, met dié dat hy gewys het op die bydrae van die olie- en gassektor, toerisme en landbou om die ekonomie en indiensneming te verbeter.

“Geen ander provinsie het meer werksgeleenthede as die Wes-Kaap geskep nie. In dié provinsie is ’n kwart van al die nuwe werksgeleenthede landwyd geskep, gevolg deur Gauteng op 16,6% en KwaZulu-Natal op 8,3%.”

Alan Winde, waarnemende Wes-Kaapse premier en LUR vir gemeenskapsveiligheid. Foto: Malherbe Nienaber

Winde sê dit is die gevolg van die skep van ’n omgewing wat werkskepping aanmoedig, rompslomp verminder en dit makliker maak om sake te doen.

“Die provinsie het ook ’n erge droogte oorkom en is nou in werklikheid ’n model van bestepraktyk vir ander lande.”

Die onlangse ontdekking van gaskondensaat aan die Suid-Kaapse kus hou ook nuwe geleenthede vir die provinsie en die res van die land in, volgens Winde.

Hy het ’n beroep op Ramaphosa gedoen om vloeibare aardgas vir kragopwekking in Atlantis, Kaapstad, onmiddellik tot ’n onafhanklike kragverskaffer (IPP) te verklaar.

“Nie net is die omgewingsimpakassessering afgehandel nie, maar dit sal verseker dat kragverskaffing op mediumtermyn beveilig word.”

Dit verwys na die gasturbines vir kragopwekking by die Ankerlig-kragsentrale.

Winde sê daar sal verder gekyk word na geleenthede, veral wat veiligheid en openbare vervoer betref, om handelsbetrekkinge met ander lande, insluitend Afrika-lande, te bevorder.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Alan Winde  |  Wes-Kaap  |  Olie  |  Gas  |  Landbou  |  Werkskepping  |  Toerisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.