Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
W-Kaap het planne vir verlengde kragonderbrekings
Anton Bredell Foto: Sharief Jaffer

erskeie maatreëls is in werking gestel om te verseker dat kritieke dienste voortgaan indien verlengde kragonderbrekings in die Wes-Kaap voorkom.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê in ’n verklaring die provinsie werk saam met die Stad Kaapstad om sekere gebiede te prioritiseer vir voortgesette kragtoevoer sou ’n noodsituasie ontstaan.

“Een voorbeeld is berging- en produksiegeriewe vir grootmaat-suurstof vir hospitale en ander mediese geriewe. Suurstof moet op ’n bepaalde manier geberg word en ons het seker gemaak dat dit gebeur.”

Luidens die verklaring sal die vraag na elektrisiteit volgende week aansienlik begin toeneem en hoewel geen beurtkrag verwag word nie, bly die netwerk onder druk en kan beurtkrag op kort kennisgewing in werking gestel word.

Bredell sê die provinsiale regering werk saam met verskeie belanghebbendes in die private sektor in die vervoer-, kommunikasie- en voedselbedryf om hulle te adviseer en met hul beplanning vir kragonderbrekings te help.

“Ons werk ook saam met ons munisipaliteite en provinsiale departemente om in die geval van uitgebreide kragonderbrekings gebeurlikheidsplanne vir hul rade en departemente op te stel.

“Ons hou die bestuur van uitstaande Eskom-rekeninge wat deur rade en provinsiale departemente verskuldig is fyn dop. Daar is tans nie ’n enkele munisipaliteit of provinsiale departement in die Wes-Kaap wat agterstallige skuld by Eskom het nie.”

Volgens Bredell het die provinsiale rampbestuursentrum ook ’n gedetailleerde aksieplan indien ’n noodsituasie sou ontstaan.

“Dit is alles proaktiewe planne. Om die kraguitdagings die hoof te bied moet ons almal saamwerk.

“Ons doen ’n beroep op alle verbruikers om hul elektrisiteitsverbruik te verminder en sodoende die druk op die netwerk te verlig en beurtkrag te voorkom.”

Meer oor:  Anton Bredell  |  Wes-Kaap  |  Da  |  Kragonderbrekings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.