Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
W-Kaap wil ingryp waar weermag ontplooi is

Maatskaplike en ekonomiese ingrypings gaan gedoen word in die drie maande wat die weermag in misdaadgeteisterde gebiede in die Wes-Kaap ontplooi word.

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Donderdag in die Wes-Kaapse wetgewer benadruk dat die weermag se teenwoordigheid op die Kaapse Vlakte nie genoeg gaan wees om misdaad te bekamp en gebiede te stabiliseer nie.

Hy het in reaksie op ’n vraag op ’n parlementêre sitting gesê “algemene stabiliteit” is op die Kaapse Vlakte bereik sedert die weermag ingeroep is, maar geweld kom steeds in die brandpunte voor.

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap. Foto: Malherbe Nienaber

“Dit sal altyd die geval wees en dis hoekom ons van die begin af gesê het dat die ingryping van die weermag net tydelik kan wees.”

Fritz meen egter dat gemeenskappe in ’n “kringloop van geweld” sal bly totdat hulle eienaarskap van hul veiligheid neem en dat dit nie net polisiëring behels nie.

“Ek moet sê dat ek in die laaste tyd ’n groot samekoms van die gemeenskap gesien het wat onder hulself mobiliseer teen geweld.”

Hy het daarop gewys dat die hoë moordsyfer ook gedeeltelik aan interpersoonlike geweld toegeskryf kan word, soos gevalle van gesinsgeweld, en dit nie slegs deur bendegeweld veroorsaak word nie.

Ons moet eenvoudig werk geskep kry en ’n omgewing bou wat dit aanmoedig.

Om dié rede moet maatskaplike dienste, berading en bystand aan families gelewer word.

Fritz het bevestig dat die premier ’n veiligheidsprioriteitskomitee aangewys het wat uit verskillende departemente bestaan om maatskaplik, medies en ekonomies in te gryp.

“Ons moet eenvoudig werk geskep kry en ’n omgewing bou wat dit aanmoedig. Hoekom kan ons nie ’n toerismebedryf in Manenberg hê of dat mense daar gaan vir middagete nie?”

Hy sê dat daar na jeugwerkloosheid, die uitvalsyfer by skole en die ontsluiting van entrepreneurskap gekyk moet word terwyl die weermag ontplooi is, én daarna.

Alan Winde, premier, was weens die afsterwe van sy pa, William, nie die middag teenwoordig nie en ’n oomblik van stilte is gehou voor die verrigtinge begin het.

  • Die volle parlementêre sitting in die Wes-Kaapse wetgewer kan hier gesien word.
Meer oor:  Albert Fritz  |  Kaapse Vlakte  |  Weermag  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.