Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
W-Kaapse damvlakke daal aansienlik
damvlakke
Grafika24

Damvlakke in die Wes-Kaap het die afgelope week aansienlik gedaal. Van die grootste damme wat aan Kaapstad voorsien, se vlak het met selfs meer as twee persentasiepunte gedaal.

Maandag was die gemiddelde vlak van die provinsie se damme op 45,07% teenoor 46,68% ’n week gelede en net 22,62% ’n jaar gelede.

Die vlak van Kaapstad se damstelsel het van 58,36% tot 56,89% afgeneem, vergeleke met 24,52% ’n jaar gelede.

Kaapstad se gemiddelde watergebruik het die afgelope week met 19 miljoen liter tot 633 miljoen liter per dag gestyg. Kragtens vlakdrie-waterbeperkings is die daaglikse mikpunt vir gebruik onder 650 miljoen liter.

Die Theewaterskloofdam, die Wes-Kaap se grootste opgaardam, se vlak het van 45,28% tot 44,13% gedaal; 5,9 mm reën is die voorafgaande sewe dae daar gemeet.

’n Jaar gelede was die Theewaterskloofdam se vlak op net 11,74%.

Verder het die Benede-Steenbrasdam se vlak van 58,02% tot 55,54% afgeneem en die Voëlvleidam van 73,23% tot 71,53%.

Die Bergrivierdam se vlak het van 81,03% tot 78,83% gedaal en die Wemmershoekdam s’n van 69,46% tot 67,48%.
Van die grootste opgaardamme in die Wes-Kaap se vlakke het die afgelope week met tot meer as twee persentasiepunte gedaal.Foto: Adrian de Kock

Die Bergrivierdam se vlak het van 81,03% tot 78,83% gedaal en die Wemmershoekdam s’n van 69,46% tot 67,48%.

By die Buffelsjagsdam naby Swellendam is 35,2 mm reën gemeet en het die vlak van 81,21% tot 92,41% gestyg.

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak van 50,66% tot 46,35% afgeneem. ’n Jaar gelede was dit op 13,16%.

In die Karoo bly die damvlakke uiters laag. Ligte reënval is die voorafgaande week by sommige damme aangeteken.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê hoewel die onlangse reën ietwat verligting vir dele van die Karoo gebring het, is dit nie genoeg om die droogte te breek nie.

“In Desember kry Beaufort-Wes gewoonlik sowat 28 mm reën en in Januarie sowat 20 mm. Die afgelope Desember het die dorp 0 mm reën gehad, met 2 mm in Januarie.

“In die algemeen bly die Karoo uiters droog, maar ander gebiede se damvlakke is ook laer namate ons herfs nader. Hopelik sal ons nog ’n seisoen van goeie winterreënval hê.”

Die Gamkadam naby Beaufort-Wes se vlak het van 1,81% tot 2% gestyg en 1 mm reën is gemeet.

Die Gamkadam naby Beaufort-Wes se vlak het van 1,81% tot 2% gestyg en 1 mm reën is gemeet.

By die Stompdriftdam naby Oudtshoorn is 3,2 mm reën gemeet en het die vlak van 10,49% tot 10,34% gedaal.

Die Kammanassiedam tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp se vlak het van 2,97% tot 2,87% afgeneem.

In die Suid-Kaap is effense reën by damme gemeet en het sommige damvlakke gestyg.

By die Tuinroetedam naby George is 10 mm reën aangeteken en het die vlak van 80,07% tot 81,04% toegeneem.

By Duiwenhoksdam naby Heidelberg is 7 mm gemeet, terwyl die vlak van 40,66% tot 37,86% gedaal het.

Die Roodefonteindam naby Plettenbergbaai se vlak het van 96,53% tot 96,21% gedaal en 2 mm reën is gemeet.

Die Haarlemdam suid van Uniondale se vlak het van 83,28% tot 83,18% gedaal en 2,2 mm reën is gemeet.

By die Wolwedansdam naby Mosselbaai is 1,8 mm reën gemeet en het die vlak van 67,89% tot 69,75% gestyg.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning.Foto: Deon Raath

Maandag om 08:00 het die Suid-Afrikaanse Weerdiens die volgende reënvalsyfers oor die voorafgaande 24 uur gemeet:

Wes-Kaap: 24 mm op Swellendam, 13 mm op Witfontein, George, 12 mm op Tygerhoek, 7 mm op Swartrivier, Prins Albert, 4 mm op Knysna, 3 mm op Plettenbergbaai, 2 mm op Riversdal en 1 mm op Grabouw en Robertson.

Oos-Kaap: 45 mm op Graaff-Reinet, 33 mm op Port St. Johns, 30 mm op Elliot, 23 mm op Buffelsfontein, 20 mm op Uitenhage, 18 mm op Koffiebaai, 16 mm in Oos-Londen, 11 mm in Port Elizabeth, 6 mm op Aliwal-Noord, 4 mm op Cradock, 3 mm op Kaap St. Francis, 2 mm op Barkly-Oos, Bhisho, Queenstown en Tsitsikamma en 1 mm op Fort Beaufort.

Sondag om 08:00 is die volgende reënvalsyfers vir die voorafgaande 24 uur gemeet:

Wes-Kaap:

9 mm op Laingsburg, 2 mm op Hermanus en 1 mm op Elim.

Oos-Kaap: 15 mm op Queenstown, 6 mm op Fort Beaufort, 5 mm op Koffiebaai en Cradock, 3 mm op Bhisho, 2 mm op Graaff-Reinet en Umthatha, 1 mm op Somerset-Oos en Willowmore.

Meer oor:  Riviere  |  Droogte  |  Water  |  Damme  |  Watervlakke  |  Damvlakke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.