Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
‘Waar is die geld vir krieketveld heen, Mashaba?’
Ziyaad Desai, president van die Lenasia Premierliga, in die video wat hy Saterdagoggend by ’n krieketwedstryd op die Lenasia Tech Grounds gemaak het. Hierin sê hy die spelers agter hom eis antwoorde oor wat van die R4,2 miljoen geword het wat toegewys is om die krieketveld op te knap.Foto: Facebook (@LPLpage)

Waar is die R4,2 miljoen wat aan die Lenasia Tech Grounds toegewys is?

Die Lenasia Premierliga wil weet waarheen dié geld “weggeraak” het.

Ziyaad Desai, president van die Lenasia Premierliga, sê in ’n video wat die liga op Facebook gedeel het, al wat opgegradeer is, is die badkamers. Die res van die geriewe “is in ’n skokkende toestand”.

Desai het Saterdagmiddag aan Netwerk24 gesê daar is reeds vroeër vandeesmaand en weer Saterdagoggend by ’n krieketwedstryd betoog oor die toestand van die krieketveld en -geriewe.

Desai eis in die video dat die Johannesburgse metroraad en Herman Mashaba, die stad se burgemeester, verduidelik wat van die R4,2 miljoen geword het.

Daar was nog geen reaksie van die metro nie, sê Desai.

Die Lenasia Premierliga sê in nog ’n video wat Vrydag op Facebook gedeel is die Tech Grounds sal altyd sy tuiste bly en dat dit “baie teleurstellend is om te hoor van die wanbestuur wat plaasvind”.

Mashaba se woordvoerder het met die publikasie hiervan nog nie op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Johannesburg  |  Lenasia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.