Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Waarskuwing: Beurtkrag kan Kaapse water afsny

Inwoners van Kaapstad kan sonder water sit weens waterpompe wat nie kan werk wanneer daar lang tydperke, soos met fase 6-beurtkrag, nie elektrisiteitstoevoer is nie.

Die Kaapstadse metroraad het Dinsdagoggend in ’n verklaring gewaarsku dat inwoners hulle gereed moet maak daarvoor dat hulle by tye nie water sal hê nie as fase 6-beurtkrag aanhou.

Beurtkrag van dié erge aard beteken dat die pompe vir water en rioolstelsels nie behoorlik kan werk nie.

Hoewel die metroraad nog nie kan sê hoe erg dit die dienste gaan raak nie, plaas beurtkrag van dié aard druk op die vermoë om water oor die hele metrogebied te versprei.

Die situasie word gemonitor en die metroraad sal wanneer nodig meer inligting bekend maak.

Moenie paniekerig raak nie, maar...

Volgens die metroraad is dit nie nodig vir inwoners om paniekerig te raak nie, maar mense word gevra om:

  • water spaarsamig te gebruik
  • berei jouself voor vir gevalle van nood waar daar geen watertoevoer sal wees nie;
  • stoor genoeg munisipale water om te drink, kook en vir toilet gebruik;
  • onthou om skoon houers te gebruik en hou dit geseël om goeie higiëne te verseker;
  • onthou om alle krane toe te draai in tye wanneer daar nie water is nie om te verseker dat daar nie ekstra waterverliese of skade is wanneer die watertoevoer weer herstel is nie.


Die metroraad vra inwoners verskoning vir enige ongerief wat in hierdie operasionele situasie mag voorkom.

Indien jy probleme wil aanmeld, WhatsApp 063 407 3699; e-pos water@capetown.gov.za; kyk aanlyn by www.capetown.gov.za/servicerequests; sms 31373 (maksimum 160 karakters); skakel 0860 103 089 of besoek die metroraad se dienssentrums.

Meer oor:  Kaapstad-Metro  |  Beurtkrag  |  Kragkrisis  |  Watertoevoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.