Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Water stroom ná maande steeds uit lekkasie by skool
Die reuse waterlekkasie by die Laerskool Sentraal in Hilton, Bloemfontein, wat nie reggemaak word nie. Foto: Argiewe

Dit lyk al soos ’n swembad by die Laerskool Sentraal in Hilton, Bloemfontein, waar ’n enorme waterlekkasie al byna vier maande nie deur Mangaung se munisipaliteit of die Vrystaatse onderwysdepartement reggemaak word nie.

Die skoolhoof, Laerskool Sentraal , sê daar loop onophoudelik – dag en nag – helder skoon water by Raymond Mahlabastraat (ou Andries Pretoriusstraat) af en die pad word lewensgevaarlik.

“Twee motors het al hul bande in slaggate afgeskryf omdat motorryers hulle nie sien in die dam water wat daar lê nie. “Nog ’n probleem is die moontlikheid dat die water kan vries. Motorryers sal dan gly en kan in pale vasry.

“Dit help nie om te wag dat iemand eers doodgaan en dan sê ons ons moes opgetree het nie.”

Hy sê die waterlekkasie het vroeg in April ontstaan en hy het loodgieters gevra om te kom kyk na die probleem. “Daar is vir ons gesê die lekkasie is nie aan die skool se kant nie, omdat ons watermeter nie regtig loop nie.

“Ons adjunkhoof, Johann de Beer, het die kwessie toe by die munisipaliteit aangemeld.”

Hy sê die personeel van die metro het by die lekkasie kom grawe en toe vir hulle gesê dit is nie hulle pyp nie.

“Nou as dit nie ons pyp is nie en dit is nie hulle pyp nie, wie se pyp is dit dan?”

Jacobs sê hy het ook sy eie werkers gevra om by die gat ’n bietjie dieper te gaan grawe daar waar die metro se personeel kom grawe het.

“Maar toe kom hulle op ’n klomp elektriese bedradings af. Ek het hulle dadelik gestop. ’n Mens wil nie hê iemand moet doodskok nie.”

’n Waterlekkasie by die Laerskool Sentraal in Hilton, Bloemfontein wat nie reggemaak word nie en waar poele water nou al opdam. Foto: Argiewe
Die waterlekkasie by die Laerskool Sentraal in Hilton wat nie reggemaak word nie. Foto: Argiewe

Jacobs sê hy het die probleem in een van sy verslae aan die Vrystaatse onderwysdepartement gemeld, maar nog niks weer gehoor nie.

“Dit moet seker weer aan die Vrystaatse departement van openbare werke oorgegee word. Ons sal maar weer probeer om ’n oplossing te kry wanneer die skole volgende week open.”

Hy sê die woonbuurt se pype is verouderd en dit kom uit die 1940’s uit. “Ek wonder of dit nie ’n ongekontroleerde brandkraan se pyp is nie.”

• Pieter Lotriet, DA-raadslid in wie se wyk die skool val, sê hy het ekstra moeite gedoen om die metro se personeel te kry om die lekkasie te gaan regmaak en steeds lek dit.

“Ek het eers met die munisipaliteit gepraat oor die lek. “Hulle het reageer en by die lek gaan oopgrawe. Hulle het toe gesê dit is die skool se probleem.

“Die skool het ook oral begin grawe totdat hulle by kragkabels uitgekom het.”

Pieter Lotriet Foto: Argiewe

Lotriet sê die pad begin verbrokkel. Dit kos R1 miljoen per kilometer om die pad te herstel.

Hy sê hy het die saak nou onder verskeie amptenare se aandag gebring, maar die metro glo dit is nie sy probleem nie.

“Intussen vra die skool mooi dat hulle net gehelp moet word en dat hulle sal betaal.”

Hy sê as die water wat lek deur iemand se rekening loop, gaan daardie huis of organisasie ’n massiewe rekening vir water kry. As dit ’n brandkraan is wat lek, betaal die belastingbetaler vir die water.

Lotriet sê daar is omtrent 100 sulke sigbare waterlekke in wyk 21 waaraan niks gedoen word nie. Intussen verloor die metro 45% van sy gesuiwerde water.

Meer oor:  Lekkasie  |  Dienslewering  |  Laerskool Sentraal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.