Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Waterkrisis staar Overberg in die gesig weens beurtkrag

Die Theewaterskloof- (TWK) munisipaliteit sê verskeie dorpe in die Overberg-streek kan binnekort sonder water wees indien beurtkrag nog lank voortduur.

Inwoners van kleinhoewes en plase in die streek is kwaad omdat hulle glo reeds dae lank sonder water sit.

Mense het op sosiale media uitgevaar teen die munisipaliteit wat glo traag is met antwoorde oor wat aan die gang is.

Die munisipaliteit het Dinsdag gesê waterverskaffing is die afgelope paar dae weens beurtkrag onder geweldige druk.

“Planne is opgestel om water aan inwoners te voorsien indien ons probleme op dorpe ervaar,” sê Stiffie Cronjé, adjunkdirekteur in die kantoor van die munisipale bestuurder.

Die munisipaliteit het Dinsdag ’n waarskuwing uitgereik oor waterprobleme wat weens beurtkrag in Grabouw ondervind word.

TWK het in ’n twiet gesê: “Ons verstaan dat die watervlakke van reservoirs weens beurtkrag baie laag is en dit glo kan opdroog.”

Die munisipaliteit het Dinsdag gesê sy vermoë om gesuiwerde water aan gemeenskappe te lewer is weens die voortslepende beurtkrag onder groot druk. Daar is egter nie inwoners wat “dae lank sonder water sit nie”.

“Drie van ons reservoirs in Grabouw het leeggeloop en water moes per watertenkwa aan dele van die dorp verskaf word,” sê Cronjé.

Volgens Cronjé het die probleem in Grabouw ontstaan omdat die hoofpompstasie, Eikenhof, wat onbehandelde water verskaf aan die watersuiweringsaanlegte, in ’n ander beurtkragsone is as die watersuiweringsaanlegte.

“Die implikasie hiervan is dat wanneer die krag af is by die pompstasie, kry ons geen water in om te suiwer nie en intussen moet ons water wegpomp van die watersuiweringsaanlegte om die reservoirs vol te hou.

“Wanneer die krag by Eikenhof aangeskakel word, is die krag by die aanlegte af en kan ons nie pomp na die reservoirs om kapasiteit te bou nie. Gevolglik loop die watersuiweringsaanlegte oor en ons moet dan noodgedwonge die Eikenhof-pompstasie afskakel totdat die krag by die aanlegte aankom.”

Cronjé sê dit veroorsaak dat die reservoirs baie leeg is en dat gemeenskappe sonder water sit.

Meer oor:  Overberg  |  Theewaterskloof  |  Waterkrisis  |  Beurtkrag  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.