Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Waterkrisiskomitee vergader in Oudtshoorn

Oudtshoorn se waterkrisiskomitee vergader Woensdag oor hoe om die dorp se waterkrisis vorentoe te hanteer.

Strenger waterbeperkings is tans van krag in Oudtshoorn en ’n moratorium is geplaas op alle besproeiing van munisipale eiendom, sê die Oudtshoorn-munisipaliteit in ’n verklaring.

Ons gaan die besproeiing van sportterreine, parke en eilande op paaie met drinkbare water met onmiddellike effek staak.

Dit kom nadat Oudtshoorn se stadsraad vroeër vandeesmaand die dorp as ’n rampgebied verklaar het weens ’n waterkrisis.

“Ons gaan die besproeiing van sportterreine, parke en eilande op paaie met drinkbare water met onmiddellike effek staak,” het Allen Paulse, Oudtshoorn se munisipale bestuurder, gesê.

Volgens hom het die munisipaliteit gryswater gebruik om onder meer die gholfbaan, die Hoërskool Môrester, die Bridgeton-sportterrein, die Primêre Skool Bongolethu en die Bridgton-skool te besproei. Die publiek kan toegang tot gryswater kry vanaf ’n punt in St. Saviorstraat, sowel as die aanleg vir afvalwater.

Die strenger waterbeperkings is ook van toepassing op die instandhouding van grondpaaie en strate waar groot hoeveelhede drinkbare water normaalweg gebruik word. Dit is nou gestaak tot verdere kennisgewing.

Die afgelope paar weke het die stadsraad hard agter die skerms gewerk om planne in plek te kry om te verhoed dat die waterkrisis vererger. Besprekings van alle beleide oor die waterkrisis, soos die droogtebestuursplan, risikobestuur en ’n kommunikasiestrategie is onderweg.

Die munisipaliteit het ook ’n voorlegging gesien van die Kaapse metro se waterrampplan.

Die waterkrisiskomitee, wat verlede week op ’n spesiale raadsvergadering gekies is, vergader Woensdag oor hoe om die waterkrisis vorentoe te hanteer.

Die komitee bestaan uit raadslede en senior bestuurslede van die Oudtshoorn-munisipaliteit.

Op 9 Augustus was die vlak van die Raubenheimerdam slegs 30,7%.

Meer oor:  Munisipaliteit  |  Waterkrisiskomitee  |  Allen Paulse  |  Oudtshoorn  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.