Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Waterperke vir Drakenstein verslap

Die Boland se Drakenstein-munisipaliteit – wat die Paarl, Wellington, Gouda, Saron, Hermon en Simondium in die Wes-Kaap insluit – gaan waterbeperkings en -tariewe stap vir stap verslap.

Die munisipaliteit sê hy doen dit in ’n poging om finansiële verligting aan die Drakenstein-gemeenskap te bring, lui ’n verklaring.

Die WemmershoekdamFoto: Bruce Sutherland/Kaapstad-metroraad

“Dit is ondanks ’n besluit van die nasionale departement van water en sanitasie op 31 Augustus 2018 om die status quo te handhaaf totdat alle Wes-Kaapse damme 85% vol is.”

Die Drakenstein-munisipaliteit het tans vlak 6B-waterbeperkings in plek.

Paarl en Wellington trek die meeste van hul water uit die Wemmershoekdam, wat Drakenstein met die Kaapse stadsraad deel (Drakenstein gebruik 7% en Kaapstad 93%).

Gouda en Hermon trek hoofsaaklik water uit die Voëlvleidam, en Saron uit die bronne in die omgewing.

Die Wes-Kaapse damvlakke styg steeds en staan tans op 65,9%.

Die munisipaliteit wil die waterbeperkings en -tariewe mettertyd verslap.

“Hierdie besluit berus egter by die departement en die munisipaliteit sal die wet oortree indien dit op sy eie optree. Die Drakenstein-munisipaliteit moedig steeds die gemeenskap aan om water te bespaar vir die somer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.