Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Waterverkope in Bloem styg

’n Bloemfonteinse waterhandelaar se verkope het die afgelope twee dae met 50% gestyg ná sterk aanduidings dat die stad se noordelike woonbuurte reeds teen die naweek sonder water kan sit.

Edion van Zyl (7) en Alexander Winterbach (8) het Donderdag in die erge hitte afgekoel in die fonteintjies by die Prellerplein-winkelsentrum. Dié deel van Bloemfontein word deur ’n waterkrisis bedreig. Foto: Mlungisi Louw

Tommy van Rooyen, eienaar van Body Fuel Express in die Preller-winkelsentrum in die stad, sê sy waterverkope het die afgelope twee dae skerp gestyg nadat die Maselspoort-watersuiweringsaanleg afgeskakel is. Dié aanleg kan tans nie water aan die stad lewer nie omdat Bloemwater weens wanbetaling deur die Mangaung-metro weier om water vry te stel aan die leë Mockesdam wat dié aanleg van water voorsien.

Van Rooyen sê hy kan sien dat die mense angstig is oor die vooruitsig dat hulle sonder water gaan wees.

“Ek is self bang oor die watertekort; sonder water kan ek nie my onderneming aan die gang hou nie.”

Gerhardus van Blerk, bestuurder van Woolworths in die Prellerplein-winkelsentrum, het nog nie ’n opmerklike toename in waterverkope bespeur nie, maar tref in elk geval voorsorg sou dit skielik toeneem.

Quintin Frederichs, ’n Bloemfonteiner, sê hy en sy gesin sukkel al ’n week met swak watergehalte.

“My gesin het siek geword van die kraanwater, nou moet ons gesuiwerde water aankoop. Ons maak maar al ons kanne vol en gebruik die water spaarsamig.”

Edion van Zyl (7) en Alexander Winterbach (8) koel Donderdag af in die fonteintjies by die Prellerplein-winkelsentrum in Bloemfontein.Foto: Mlungisi Louw
Meer oor:  Mangaung-Metro  |  Bloemwater  |  Bloemfontein  |  Waterskuld  |  Waterkrisis  |  Munisipale Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.