Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Weermag kom help Vrede met water
Die bykans dolleë Thembelihle-dam by Vrede waaruit daar ook nie meer water onttrek kan word nie.

Die Phumelela-munisipaliteit van Vrede in die Vrystaat het die weermag se hulp ingeroep om Dag Zero te probeer afweer.

John Motaung, burgemeester van die Phumelela-munisipaliteit, sê 32 weermaglede, insluitende ingenieurs, is reeds die afgelope twee weke op die dorp en haal daagliks sowat 20 000 liter water uit die ou Vrededam, waarvandaan dit na Vrede se watersuiweringsaanleg geneem en dan verder na die gemeenskap versprei word.

Alison Oats, DA-raadslid van die Thabo Mofutsanyana-distriksmunisipaliteit in die Oos-Vrystaat, en Doreen Wessels, DA-raadslid van Vrede, sê die reservoirs in die groter Vrede-gebied is dolleeg en so ook die Atlas- en die Thembelihle-dam, wat die rugsteun van die reservoirs is.

Al water wat Vrede nou het, is die 20 000 liter per dag wat die weermag uit die ou Vrededam haal, asook die water van ’n paar boorgate.

Oats en Wessels sê die watersituasie in Vrede is haglik en die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake het kom help om van die boorgate funksioneel te maak.

Die twee damme van Vrede is baie vlak en sonder water bak dit nou baie droog. “Wanneer dit weer reën, sal daardie droë grond eers die reënwater opslurp voordat die watervlak kan styg. Dit kan dalk eers in die middel van die volgende somer gebeur.”

Oats en Wessels sê luidens die 2011-sensus was die plaaslike bevolking op 18 000. Hulle meen dit is nou al meer as 20 000 mense.

Die leë Atlasdam by Vrede.

“As elke inwoner 25 liter water per dag nodig het, wat die algemeen aanvaarde minimum is, is meer as 500 000 liter water per dag nodig,” sê hulle.

Oats sê die DA van die Thabo Mofutsanyana-distrik-munisipaliteit het op 12 Februarie die reservoirs in die Phumelela-munisipaliteit besoek en sy en Wessels gaan vandeesweek weer saam ’n toesig-besoek daar aflê.

“Met ons vorige besoek in Februarie was ons teleurgesteld om te sien dat die rugsteunreservoir in Vrede per ongeluk leeggemaak was en dat die hoofreservoir in daardie stadium gevaarlik laag was.”

Ons bid net dat dit reën in die opvangsgebied van die twee damme.

Hulle is toe egter verseker dinge is onder beheer en dat bykomend tot ’n sterk boorgat, nog boorgate gesink sou word.

“Dit blyk nou dat die bykomende boorgate wel gesink is, maar nie in werking gestel is nie. Drie bykomende boorgate is wel vandeesweek in werking gestel.

Die naaste water is in Memel, 70 km van Vrede, of Warden, 75 km van Vrede, of die dam op die omstrede Vrede-suiwelplaas, wat vroeër die dorp gevoed het.

Nóg Warden, nóg Memel, het gesuiwerde water wat hulle kan weggee, sê die DA-lede.

Wessels sê sterk water kom uit die drie boorgate wat vandeesweek in werking gestel is, naamlik 45 kiloliter per uur per boorgat.

“Ons bid net dat dit reën in die opvangsgebied van die twee damme.”

Hulle sê Phumelela-munisipaliteit het ook tenks op die dorp kom oprig.

Meer oor:  Vrede  |  Weermag  |  Boorgate  |  Water  |  Damme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.