Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Werk aan Mfuleni-projek weer op dreef

Meer as 1 000 gesinne in Mfuleni is een stap nader daaraan om hul eie erwe, wat dienste soos water, sanitasie en elektrisiteit sal hê, te besit nadat protesoptrede en vandalisme dié projek jare lank belemmer het.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, Maandag op besoek aan die behuisingsprojek in Mfuleni. Foto: Verskaf, Bruce Sutherland

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het Maandag die behuisingsprojek in Mfuleni besoek en gesê hoewel die werk aanvanklik in 2015 gestaak is, het inwoners, gemeenskapsleiers en raadslede sedertdien goed saamgewerk om te verseker dat dit weer op dreef kom.

Die projek sal erwe aan 1 043 gesinne voorsien en daar sal toegang tot water, sanitasie en elektrisiteit wees.

Die burgemeester sê die kontrakteur wat die afgelope paar maande besig is om die perseel gereed te kry, maak goeie vordering. ’n Groot deel van die grondwerk is voltooi en die kontrakteur sit riool- en stormwaterpypleidings in.

Die Mfuleni-projek sal erwe aan 1 043 gesinne voorsien.

Die projek het in 2013 begin toe die metro ’n ooreenkoms met verteenwoordigers van die gemeenskap onderteken het, maar is weens protesoptrede gestaak.

Sy sê dat die projek teen einde vanjaar klaar moet wees.

“Die projek vir uitbreiding 2 is deel van die metro se groter ontwikkeling van Mfuleni. Dit sluit ’n program in vir 150 erwe met alle dienste vir agterplaasbewoners en nog 50 erwe wat toegeken sal word aan mense met gestremdhede in Bardale, Mfuleni en die omliggende gebiede.”

De Lille sê die begunstigdes sal die titelaktes van hul nuwe erwe kry.

Meer oor:  Patricia De Lille  |  Water  |  Elektrisiteit  |  Sanitasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.