Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Werk aan stadsaal se dak vorder goed

Die stadsaal van Bloemfontein se dak is so te sê op en klaar, terwyl die res van die restourasiewerk aan dié historiese gebou goed vorder nadat dit erg beskadig is in ’n brand.

Olly Mlamleli, uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro in Bloemfontein, is baie trots op dié werk aan die gebou wat in 1935 gebou is en sê sy wil graag mense die splinternuwe dak gaan wys wat omtrent net soos die oorspronklike dak lyk.

Die nuwe dak van die afgebrande Bloemfonteinse stadsaal is 99% voltooi en net afrondingswerk moet nog gedoen word, sê Olly Mlamleli, burgemeester. Foto: Mlungisi Louw
Die nuwe netjiese dak van die afgebrande Bloemfonteinse stadsaal wat teëltjie vir teëltjie opgesit is. Foto: Mlungisi Louw

Ingevolge erfeniswetgewing mag daar nie sonder goedkeuring aan die voorkoms van die gebou verander word nie.

Mlamleli sê toe die stadsaal afgebrand het, het dit vir haar gevoel soos ’n familielid wat dood is. Sy het vroeër al gesê sy moes in die hospitaal vir skok behandel word op dié rampspoedige Woensdagaand 21 Junie 2017.

“Maar nou is die dak op en die restourasieprogram loop volgens plan.”

Die gebou is afgebrand tydens ’n staking van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu).

Samwu was besig om met die Mangaung-stadsraad te onderhandel oor ’n salarisverhoging van R2 500 per werknemer wat lede gemeen het hulle toekom sedert Mangaung metrostatus bekom het.

Werkers is hier besig om die finale afrondingswerk met die dakteëls aan die afgebrande Bloemfonteinse stadsaal te doen.Foto: Mlungisi Louw

Pule Molalenyane, Samwu-president, het destyds volgehou dit is nie lede van Samwu wat die stadsaal afgebrand het nie, maar munisipale amptenare.

Mlamleli sê sy is werklik trots op die verloop van die herstelwerk en het groot vertroue en die deskundiges wat die restourasiewerk doen.

Die werk behoort teen November vanjaar afgehandel te wees.

Sy het vroeër gesê die hele kompleks, wat die kantore, die stadsaal en aangrensende Clarendonsaal insluit, was saam vir R200 miljoen verseker en die versekeraar betaal vir die herstelkoste.

Die opgraderingsprojek staan onder leiding van die Anton Roodt Argitekspraktyk.

Die Bloemfonteinse stadsaal, ’n historiese erfenisgebou, met sy nuwe dak nadat dit in 2017 afgebrand het. Foto: Mlungisi Louw
Meer oor:  Mangaung-Metro  |  Olly Mlamleli  |  Bloemfontein  |  Brand  |  Stadsaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.