Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Werkers in Pta betoog teen munisipaliteit
Lede van die munisipale werkersunie Samwu betoog in die strate van Pretoria op pad na Tshwane-huis waar hulle ’n memorandum oorhandig het.Foto: Deaan Vivier

Lede van die vakbond vir munisipale werkers, Samwu, het Vrydag na Tshwane-huis in Pretoria opgeruk om hul misnoeë oor onder meer die swak bestuur in die munisipaliteit uit te spreek.

Hulle het by die ou Putco-depot in Marabastad byeengekom en na Tshwane-huis geloop waar hulle ’n memorandum met eise aan die Tshwane-bestuur oorhandig het.

Lede van die munisipale werkersunie Samwu betoog deur die strate van Pretoria op pad na Tshwane-huis waar hulle ’n memorandum oorhandig het. Foto: Deaan Vivier

Mpho Tladinyane, streeksekretaris van Samwu, sê van hulle griewe is:

  • Lorette Tredoux, ’n bestuursbeampte van Tshwane, het glo “verkeerde berekeninge” gebruik om nuwe salarisskale te bepaal en sy moet geskors word;
  • Die munisipale kragstasies in Pretoria-Wes en Rooiwal het probleme weens ’n gebrek aan instandhouding. 480 MW moet opgewek word om die metro se probleme weens beurtkrag teen te werk, maar die Rooiwal-stasie het glo nie genoeg olie nie en die een in Pretoria-Wes werk glad nie;
  • Lt.genl. Johanna Nkomo, hoof van die Tshwane-metropolisie, moet in die pad gesteek word. Die Tshwane-metropolisie het al die afgelope 12 maande geen patrone nie;
  • Sommige munisipale amptenare is al langer as 12 maande geskors; en
  • Munisipale geboue onder die toesig van die Tshwane-metro is in ’n slegte toestand.

John Moodey, Gautengse leier van die DA, het dié optog as ’n “politieke spel” beskryf omdat Samwu ’n Cosatu-geaffilieerde vakbond is wat verbind is tot die ANC.

“Dit is hulle wat die dienslewering in Tshwane saboteer. Hulle is besig om kant te kies saam met die ANC,” sê Moodey.

“Al die klagtes spruit uit hul eie doen en late. Hulle moet net hul werk gaan doen. As hulle hul werk reg doen, sal daardie probleme waaroor hulle so kla, nie daar wees nie.”

Meer oor:  Munisipaliteit  |  Betoging  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.