Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Wes-Kaap hof toe oor intimidasie van konstruksie-spanne

Die Wes-Kaapse regering gaan die hooggeregshof in Kaapstad Dinsdag vra vir ’n interdik teen diegene wat konstruksiespanne by ’n behuisingsprojek in Eersterivier intimideer en dreig.

Tertuis Simmers, Wes-Kaapse LUR vir menslike nedersettings, sê hulle is bekommerd oor moorde, geweld en intimidasie by konstruksie-persele in Eersterivier en Nyanga.

Simmers sê kort nadat die konstruksiespanne verlede week in vlak 3 van die inperking weer aan die werk kon spring, het ’n groep inwoners ’n kontrakteur aangerand en sy werknemers by die konstruksieterrein in Forest Village in Eersterivier geïntimideer.

“Ek veroordeel hierdie misdadige optrede op die sterkste moontlike manier. Misdadigheid het geen plek op enige van ons persele nie en ook nie in die samelewing as geheel nie. Hierdie skurke verhoed dat kwesbare mense wat jare lank op die behuisingswaglys is, hulle huise kan kry.”

Die konstruksieterrein in Forest Village in Eersterivier. Foto: Verskaf

Simmers sê ’n gemeenskapskakelbeampte by die Boys Town-konstruksieterrein in Nyanga is verlede week doodgeskiet terwyl hy op pad werk toe was.

Die polisie ondersoek dié voorval en in hierdie stadium is dit nog onduidelik wat die motief van die moord was.

Volgens Simmers volg dit egter kort op die hakke van ’n skietvoorval waarin ’n wyksraadslid en haar seun in die gebied gewond is.

“Dit, tesame met verdere dreigemente van geweld en intimidasie, het weer eens gelei tot die tydelike sluiting van die Boys Town-terrein, veral in die lig van die projek se gewelddadige geskiedenis.”

Die konstruksieterrein in Forest Village in EersterivierFoto: Verskaf

Simmers sê hy het ’n volledige verslag van sy departement aangevra sodat vasgestel kan word hoekom die perseel onder geweld deurloop.

“Ek is gewalg, diep besorgd en kwaad oor die optrede van ’n klein groepie mense wat gruwelike misdade pleeg, alles in die naam van behuising en werkgeleenthede.”

Volgens hom is daar ’n groot aantal eenhede op albei persele wat baie naby aan voltooiing is.

“Hierdie soort onaanvaarbare gebeure vertraag nou die oorhandiging nog verder. Ek doen ’n beroep op die polisie en alle ander wetstoepassers om hierdie oortreders op te spoor en in hegtenis te neem.”

Hy het gemeenskappe aangemoedig om dringend inligting oor die aanvallers aan wetstoepassers te gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.