Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Wetstoepassers maak seker NMB-metro is veilig
Konst. Duncan McLean van die metropolisie in Nelson Mandelabaai ondervra ’n motoris wat gedurende die staat van inperking in Motherwell rondry. Foto: Lulama Zenzile

Nagenoeg 2 000 motors is in Nelson Mandelabaai voorgekeer en deursoek en 24 mense is in hegtenis geneem sedert die staat van inperking begin het.

Binne die eerste ses dae het metropolisiebeamptes boonop 222 boetes uitgereik aan mense wat die wet en inperkingsregulasies oortree het, en sowat 100 mense is weggewys wat Port Elizabeth sonder ’n geldige rede wou binnekom.

Dié suksesse is danksy die toewyding van die metro se wetstoepassingsbeamptes, sê Yolanda Faro, hoof van die Nelson Mandelabaai-metropolisie.

Met ’n halwe hangkas se klere wat in haar kantoor hang, erken Faro sy het die binnekant van haar huis selde gesien die afgelope week. Sy maak snags net op ’n paar uur se slaap staat.

Volgens haar krap beamptes nie kop en mors tyd wanneer ministers die regulasies rondom die inperking wysig nie, maar spring hulle dadelik aan die werk om die nuwe reëls toe te pas en inwoners teen Covid-19 te beskerm.

Die metropolisie vergesel die bestuurder van ’n Avanza-motor na die Ikamvelihle-polisiekantoor nadat die bestuurder met ses insittendes en sonder ’n rybewys rondgery het. Foto: Lulama Zenzile

Hoewel daar in dele van die metro nog daagliks inwoners rondbeweeg wat die winkels besoek, sê Faro die meerderheid van die inwoners gehoorsaam die staat van inperking. Sy het mense daaraan herinner dat elkeen ’n verantwoordelikheid het om hul deel in die stryd teen die virus te doen.

“Elkeen het die verantwoordelikheid om seker te maak dat die virus bekamp en beveg word deur goeie higiëne toe te pas, ’n gesonde afstand van ander te handhaaf om en persoonlike beskermende toerusting te dra.

“Bly asseblief binnenshuis en verlaat net jou huis as dit regtig noodsaaklik is.”

Sy het benadruk dat die wetstoepassers en gemeenskap nie met mekaar moet baklei nie, maar saam moet staan.

Faro het die weermag, polisie en verkeersowerhede vir hul werk in die tydperk geprys. Sy sê die onderskeie owerhede hou daagliks vergaderings en werk elke dag saam aan klopjagte om inwoners te beveilig.

Meer oor:  Nelson Mandelabaai  |  Metropolisie  |  Boetes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.