Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Overstrand verbied ook meer as 2 per erf
Woede oor nuwe hondelisensies

Troeteldiereienaars in die Overstrand-munisipaliteit is erg verontwaardig nadat ’n nuwe munisipale verordening ingestel is wat eienaars dwing om hul honde te lisensieer – hoewel dieselfde nie op katte van toepassing is nie.

Die Overstrand-munisipaliteit eis nou dat honde gelisensieer word en dat mense net twee honde per eiendom mag hê, tensy hulle spesiale toestemming van die munisipaliteit kry.Foto: ISTOCK

Inwoners van Hermanus, Kleinmond, Stanford en Gansbaai het hul misnoeë op sosiale media uitgespreek oor die verordening, wat ook nie meer as twee honde en drie katte op ’n eiendom toelaat sonder toestemming van die munisipaliteit nie.

Die verordening bepaal dat ’n jaarlikse belasting van R86 per hond betaal moet word, terwyl pensioentrekkers en behoeftiges ’n aansoek om kwytskelding tot die munisipaliteit mag rig.

Wat inwoners verder kwaad maak, is dat ’n hond of kat waarop die owerhede beslag gelê het en wat nie binne sewe dae opgeëis word nie, van kant gemaak of verkoop sal word.

“Tensy honde- en kateienaars om ’n spesiale permit aansoek doen, sal hulle nie meer as twee honde of drie katte op enige erf of perseel kan aanhou nie,” sê die munisipaliteit.

“Die versuim om so ’n permit te besit, is ’n skending van die verordening. Die spesiale permit mag nie ’n hond vervang wat doodgaan of vermis word of mee weggedoen is nie,” lui die munisipale kennisgewing.

Inwoners skryf op Facebook

“Ek sal betaal vir my honde wanneer mense begin betaal vir hul kinders wat skreeu.”

“Se moer met die wet. Belastingbetalers wat klaar met elke geleentheid aan die kortste ent byt moet maar net weer gestraf word, terwyl die ‘currently advantaged’-
gemeenskappe kan doen wat hulle wil? Hier kom ’n groot geveg. Dink dis maar weer tyd dat ons begin aandring op die verwydering van die munisipale bestuur.”

Ander wou weet hoe die munisipaliteit beplan om die hondelisensiekwessie te polisieer.

“Ek wil sien of die munisipaliteit eerste in die informele nedersetting gaan begin. Dit is net afpersing.”

“Drakoniese wette opgemaak en gepos deur verveelde munisipale amptenare. Konsentreer op dienslewering!”

Sommige meen wel dis ’n goeie idee.

“Ek dink dit is ’n goeie idee om lisensies vir diere te hê en ek dink ’n beter idee is om twee verskillende tariewe te hê, R90 vir ’n gesteriliseerde dier en R800 vir ’n ongesteriliseerde dier.”

Die munisipaliteit sê ook honde-eienaars moet hul honde se ontlasting verwyder van enige openbare plek en dit in ’n geskikte houer of sakkie wegneem.

Honde moet ook ten alle tye aan leibande wees.

Veeartsenykundige klinieke en hospitale en plekke waar gidshonde opgelei word, moet ook skriftelike toestemming van die raad kry om meer as twee honde op enige erf aan te hou.

“Ek sal betaal vir my honde wanneer mense begin betaal vir hul kinders wat skreeu.”

“Se moer met die wet. Belastingbetalers wat klaar met elke geleentheid aan die kortste ent byt moet maar net weer gestraf word, terwyl die ‘currently advantaged’-gemeenskappe kan doen wat hulle wil? Hier kom ’n groot geveg. Dink dis maar weer tyd dat ons begin aandring op die verwydering van die munisipale bestuur.”

Ander wou weet hoe die munisipaliteit beplan om die hondelisensiekwessie te polisieer.

“Ek wil sien of die munisipaliteit eerste in die informele nedersetting gaan begin. Dit is net afpersing.”

“Drakoniese wette opgemaak en gepos deur verveelde munisipale amptenare. Konsentreer op dienslewering!”

Sommige meen wel dis ’n goeie idee.

“Ek dink dit is ’n goeie idee om lisensies vir diere te hê en ek dink ’n beter idee is om twee verskillende tariewe te hê, R90 vir ’n gesteriliseerde dier en R800 vir ’n ongesteriliseerde dier.”

Die munisipaliteit sê ook honde-eienaars moet hul honde se ontlasting verwyder van enige openbare plek en dit in ’n geskikte houer of sakkie wegneem.

Honde moet ook ten alle tye aan leibande wees.

Meer oor:  Overstrand-Munisipaliteit  |  Honde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.