Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Zambië bekyk vervoerstelsel in George

’n Afvaardiging van Lusaka in Zambië het die Suid-Kaap besoek om kers op te steek oor onder meer die openbare vervoerstelsel Go George.

Die afvaardiging se besoek val onder ’n memorandum van verstandhouding wat vroeër vanjaar op ’n beleggingskonferensie van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit met Business Sweden, die Sweedse handels- en beleggingsraad, onderteken is. Dit is gemik op verdere samewerking tussen Swede, Zambië en die Tuinroete-streek. Business Sweden help Zambië met sy vervoerstelsel.

Volgens inligting van die George-munisipaliteit het die afvaardiging, waaronder Alex Mwansa, die stadsklerk van die Lusaka-stadsraad, George op 21 November besoek. Hulle was op ’n feitesending en het ook gekyk na hoe die verkeer in George beheer word.

Volgens Mwansa is die plan om ’n veilige, betroubare en bekostigbare vervoerstelsel met roetes en ’n moderne kaartjiestelsel te ontwikkel. Die stad se huidige vervoerstelsel bestaan uit

Lee-Anne Meiring (beampte gemoeid met die oorsig van George se geïntegreerde openbare vervoerstelsel – GIPTN), Trevor Botha, (munisipale bestuurder van George), Bright Banda (HOD Engineering Services, Lusaka-stadsraad), Alex Mwansa (stadsklerk van Lusaka-stadsraad), James Robb (bestuurder, GIPTN), Richard Kangwa (ministerie van plaaslike regering, Zambië), Paul Hoffman (South Cape Economic Partnership); Chantel Edwards-Klose (kommunikasiebestuurder van die George-munisipaliteit) en Pedro Oliphant, (bestuurder, ekonomiese ontwikkeling, George-munisipaliteit).

verskeie bus- en minibusstasies met geen beplande roetes nie.

“Die besoek het ons baie gegee om oor te dink en ons het die praktiese sy van ’n werkbare openbare-vervoer-sentrum gesien,” sê hy.

Zambië se spoorwegnetwerk benodig uitgebreide opknappingswerk. Die plan is om bottelnekke in Lusaka, met sy 2 miljoen inwoners, uit te skakel. Dit sal gedoen word deur ’n bekostigbare en betroubare openbare vervoerstelsel te vestig wat bus- en spoorvervoer insluit.

Die afvaardiging is ingelig oor hoe George se geïntegreerde openbare vervoerstelsel (GIPTN) tot stand gekom het en oor die vervoerstelsel se uitdagings en suksesse.

“Omdat George ’n B-munisipaliteit is, is dit belangrik om in gedagte te hou dat die regering se poel vir finansiering vir die GIPTN met tye beperk is in vergelyking met ander metro’s in Suid-Afrika, maar elke sent word omgedraai om die beste moontlike openbare vervoerdiens vir passasiers te bied,” het James Robb, bestuurder van die GIPTN, gesê.

Die GIPTN-stelsel, volgens die George-munisipaliteit tans die tweede beste busstelsel in Suid-Afrika, is deur Business Sweden geïdentifiseer as ’n bekostigbare opkomende stedelike model wat as bloudruk kan dien vir die totstandkoming van soortgelyke modelle.

Meer oor:  George  |  Zambië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.