Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
NRO vat Okosa hof oor toe porno-TV

KAAPSTAD. – Die besluit dat TopTV pornografiese materiaal op drie kanale mag uitsaai, word in die Noord-Gautengse hooggeregshof betwis.

Die nie-regeringsorganisasie Cause for Justice (CFJ) het dié aansoek ingedien om die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) se besluit in November verlede jaar om dié drie kanale goed te keur, te laat hersien en tersyde te stel.

On Digital Media, wat as TopTV bedryf word, het Okosa versoek om die drie kanale – Playboy TV, Desire TV en Private Spice – goed te keur.

In ’n verklaring sê CFJ dié besluit moet tersyde gestel word, omdat:

- die besluit geneem is nadat ontoepaslike oorwegings in ag geneem is;

- Okosa die wet verkeerd geïnterpreteer het;

- Okosa nie ’n redelike administratiewe prosedure gevolg het nie; en

- die besluit nie rasioneel gekoppel kan word aan die redes wat Okasa vir sy besluit verskaf het nie.

Verskeie skriftelike betoë is aan Okosa voorgelê en volgens die CFJ was 90% daarvan gekant teen TopTV se aansoek.

Okosa het ’n openbare sitting in Maart gehou. Sewe van die agt organisasies wat dit bygewoon het, was gekant teen die goedkeuring van die kanale. Desondanks het Okosa die aansoek goedgekeur.

’n Hofdatum is nog nie bevestig nie. – Jana Breytenbach

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.