Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kunsprojek sterk oor n jaar
Noem haar sommer Mierneef
Kaapstad se eie Mierneef - die kunstenaar Lorraine Loots. Foto: Myburgh van Zijl
Lorraine Loots besig om haar skildery vir 16 Julie te voltooi. Foto: Myburgh van Zijl
Lorraine Loots besig om haar skildery vir 16 Julie te voltooi. Foto: Myburgh van Zijl
KAAPSTAD. - Die 28-jarige Kaapse kunstenaar Lorraine Loots kan met reg trots wees op die bynaam Mierneef. 
Sy het op 1 Januarie 2013 begin met Paintings for Ants, 'n kunsprojek waartydens sy elke dag van die jaar 'n miniatuur-skildery so groot soos 'n posseël maak.
Die kunswerkies is tussen 15 mm en 30 mm groot en het geen spesifieke tema nie. Mense wat belangstel kan 'n datum bespreek deur Loots te kontak en voorstelle gee van wat hulle graag geskilder sou wou hê. Sodoende kan hulle eksklusiewe eienaarskap kry van 'n miniatuur-skildery vir 'n spesifieke dag.
Die skilderytjies word ook deur 'n deskundige geraam in 'n spesiale houtraam.
Die kunswerke sal egter in Loots se besit bly tot vroeg in 2014, wanneer sy beplan om al 365 uit te stal. Daarna sal die eienaars hul unieke "Mierneefs" kan opeis.
Om die skilderye te sien wat sy tot dusver gemaak het, besoek die webblad .   Belangstellendes kan haar ook per e-pos kontak by hello@lorraineloots.com
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.