Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
14 leeus terug in hul kamp in Noordwes
Die leeus was almal Saterdagoggend omstreeks 09:00 terug in hul kamp.Foto: Verskaf

Al 14 leeus wat Vrydagaand laat op ’n leeuplaas in Lichtenburg, Noordwes, ontsnap het, is veilig terug in hul kamp.

Die 13 welpies en een volwasse leeuwyfie het ’n paar ure lank die werf van die private plaas verken.

Lede van die polisie en beamptes van Noordwes se departement van omgewingsake, bewaring en toerisme het omstreeks 23:00 na die leeus begin soek.

Teen Saterdagoggend vroeg was al die leeus terug in hul kamp.

Die leeus het omstreeks 01:00 self teruggekeer na hul kamp. Net een van die welpies moes die oggend naby die hoofhek van die plaas met ’n pyl verdoof word,

“Die leeus het omstreeks 01:00 self teruggekeer na hul kamp. Net een van die welpies moes die oggend naby die hoofhek van die plaas met ’n pyl verdoof word,” sê Sindi Zwane, ’n biodiversiteitsbeampte van Noordwes.

Die leeus het klaarblyklik ontsnap deur ’n gat in die heining aan die agterkant van die kamp. Dit is vermoedelik stropers wat dié gat in die heining gesny het.

Die volwasse wyfie het uitgekom en 13 van die 19 welpies het haar gevolg, sê Zwane.

Die gat is intussen reggemaak.

Biodiversiteitsbeamptes van die departement het inspeksie gedoen en bevestig dat die leeuplaas se permit steeds geldig is en dat hy aan alle nodige vereistes voldoen, het die departement op Facebook gesê.

Meer oor:  Sindi Zwane  |  Noordwes  |  Ontsnap  |  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.