Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
15 km in vuil Vaalrivier om bewusmaking te skep

Vier swemmers het die afgelope naweek 15 km in die hoogs besoedelde Vaalrivier geswem om bewusmaking oor dié probleem te skep.

Andrew Chin en Craig Bishop van Kaapstad, en Mandy Uys en Joy Roach van Oos-Londen het dié uitdaging aangepak as deel van die Swim for Rivers-veldtog.

Die veldtog is in 2015 begin en is daarop gemik om bewusmaking te skep oor die toestand van ons land se waterweë, en ook op die dringende behoefte om dit te herstel. Daar was ook al sewe geleenthede waar verskeie swemmers oor Suid-Afrika heen in riviere geswem het ter bewusmaking.

Mandy Uys, Andrew Chin, Craig Bishop en Joy Roach wat elkeen 15 km in die besoedelde Vaalrivier geswem het. Hul doel is om bewusmaking te skep oor die toestand van ons land se waterweë. Foto: Verskaf

Chin, Bishop, Uys en Roach se uitdaging het Vrydag naby die Blesbokspruit-samevloeiing met die Vaalrivier in Mpumalanga begin. Hulle het tot by die ingang van die Grootdraaidam geswem voordat hulle Saterdag van die damwal tot in Standerton geswem het.

“Dit was absoluut nodig gewees. Ons riviere is in ’n chaotiese toestand en daar moet iets daaromtrent gedoen word. Die vuil water ontneem mense van ’n basiese mensereg – toegang tot skoon water,” het Chin Sondag aan Netwerk24 gesê.

Hy sê hulle probeer elke jaar om in ten minste een rivier te swem. “Ons het al in al die provinsies behalwe Limpopo en Noordwes geswem. Ons sal nog daarby uitkom,” sê hy. Chin het in al sewe uitdagings wat deur die Swim for Rivers-veldtog aangepak is, geswem.

“Ek is oor die algemeen ’n baie aktiewe persoon en ’n langafstandswemmer. Die 15 km was nie so erg gewees nie,” sê Chin laggend.

“Ek voel kwaad en moedeloos oor die stand van ons riviere. Daar moet meer gedoen word deur munisipaliteite om die riviere skoon te hou. Dit hou ook ’n gesondheidsrisiko in vir almal wat van die rivierstelsel afhanklik is.

“As kind het ek altyd in die rivier geswem, maar vandag kan kinders nie. Dit is so onregverdig,” sê Chin.

Hy sê ’n spanpoging deur sowat 20 mense het Sondagoggend daartoe gelei dat ’n groot hoeveelheid rommel in en langs die rivier in Standerton opgetel is. “In Standerton lyk dit nie goed nie en die munisipaliteit laat inwoners in die steek. Ons het binne ’n enkele uur byna 90 sakke rommel opgetel naby en in die rivier,” sê Chin.

Hy sê die Swim for Rivers-veldtog gaan ook binnekort by ander projekte betrokke raak wat ten doel het dat mense toegang tot skoon water het.

Meer oor:  Vaalrivier  |  Bewusmaking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.