Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
185 inwoners in Mamelodi van dakke gered
Sinkdakhuise in Mamelodi is deur die kitsvloede verwoes.Foto: Verskaf

Vloedwater het Maandag meer as 80 gesinne se sinkdakhuise in Mamelodi verwoes.

Minstens 185 inwoners van ’n informele nedersetting het op die dakke van hul sinkdakhuise om hulp gewag toe hul huise oorstroom is, sê Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste.

“’n Baba van vier dae oud is die jongste inwoner wat deur ons gered is. Die inwoners van Mamelodi is tydens die reddingsoperasie deur Swift Water Rescue Crews van Tshwane en die polisie gered,” sê Mabaso.

Een inwoner is deur ’n helikopter van die Suid-Afrikaanse Weermag gered waar hy in ’n stroom vasgevang was.

Inwoners kyk hoe ’n helikopter ’n inwoner red. Die man het geen beserings opgedoen nie.Foto: Verskaf

Hy sê dit is nog te vroeg om te sê of daar mense dood is. “Ons sal dit eers later kan bevestig, maar sover is niemand ernstig beseer nie.”

Mabaso sê ’n volledige ondersoek sal gedoen word om die skade te bepaal. Die meeste van die inwoners se besittings is in die oorstromings beskadig en die mense word in die Mamelodi-stadsaal gehuisves.

In Bronkhorstspruit is vier mense ook deur reddingswerkers gered.

Panyaza Lesufi, LUR vir Gautengse onderwysdepartement, het die omgewing besoek waar sinkdakhuise verwoes is.Foto: Verskaf

Karen Meyer, burgemeesterskomiteelid verantwoordelik vir gemeenskapsveiligheid en nooddienste, sê sy beskou dit egter nog nie as ’n ramp nie.

“Ons beskou dit egter in ’n ernstige lig. Tans het ons alles onder beheer. Maar wanneer daar nie genoeg mannekrag is nie, kan ons dit as ’n ramp beskou.”

Meyer sê daar is plekke waar mense kos, klere of ander benodigdhede kan aflaai vir mense wat skade gely het en alles verloor het. Een van die plekke is die Centurion- brandweerstasie.

Panyaza Lesufi, LUR van Gautengse onderwysdepartement, het die inwoners besoek. “Ons moet die armes beskerm. Ons sal die mense vir die volgende 48 uur dra totdat alles onder beheer is.”

’n Vier dae oue baba is die jongste inwoner wat in Mamelodi gered is.Foto: Verskaf
Meer oor:  Mamelodi  |  Pretoria  |  Kitsvloede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.