Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
2 kolhasies brand in Benoni-veldbrand

“Twee jong kolhase is in ’n veldbrand op ’n kleinhoewe in Fairleads, Benoni, betrap,” skryf die Suid-Afrikaanse natuurlewe-rehabilitasiesentrum op sy Facebook-blad.

Een van die twee kolhase wat in ’n veldbrand betrap is. Foto: Facebook

“Hul pelse, wat gewoonlik so sag is, is geskroei en hul velle het op plekke verbrand.”

Die sentrum skryf hy ontvang jaarliks talle oproepe oor brande en die implikasies wat dit vir die wilde diere inhou.

“Voëls wat op die grond nesmaak (soos vlei- en grasuile) word ook erg hierdeur geraak en haweloos gelaat, met hul babas wat verbrand word en moet in baie gevalle weens die erns van die brandwonde doodgemaak word of geëet word.”

Hy sê kos en skuiling bestaan feitlik glad nie ná ’n brand nie en die kans op oorlewing is klein vir velddiere.

  • Verminder veldbrande.
  • Kry hulp as jy voorbrand wil doen.
  • Hou die veld ná die brand dop. Jy kan dalk ’n lewe soos dié klein hasies s’n red.
Meer oor:  Benoni  |  Veldbrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.