Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
2 pikkewyn-wyfies neem genderlose kuiken aan

’n Akwarium in Londen het vir die eerste keer ’n genderneutrale pikkewyn.

’n Kenner daar het besluit om nie ’n geslag aan die kuiken toe te wys nie aangesien genderneutraliteit algemeen onder pikkewyne in die natuur is.

Gewoonlik word pikkewyne wat by die Sea Life Centre London Aquarium uitbroei, ’n geslag toegewys en daarvolgens kry hulle name.

Die akwarium het besluit in hierdie geval is dit meer natuurlik dat die kuiken grootword sonder ’n geslag, berig The Independent.

Die vier maande oue kuiken is kort nadat dit uitgebroei het, in die sorg van ’n gay pikkewynpaartjie geplaas.

CNN berig die twee witoorpikkewynwyfies, Rocky en Marama, is gekies as pleegouers omdat hulle gedrag die afgelope ses broeiseisoene getoon het hulle is gereed om ouers te word.

gentoo - pikkewyn
Charlotte Barcas saam met die Sea Life London-akwarium se eerste gentoo-pikkewyn wat genderloos grootgemaak gaan word. Foto: Sea Life London Aquarium

Die nuweling se biologiese ma het gesukkel met twee eiers, waarna een vir Rocky en Marama gegee is om uit te broei.

Indien die kuiken later ’n naam kry, sal dit ’n genderneutrale naam soos Kelly, Alex of Charlie wees, berig DailyMail.

Volgens Graham McGrath, akwariumbestuurder, is dit heeltemal natuurlik vir pikkewyne om in die natuur te ontwikkel sonder enige geslagsidentiteit.

“Dit is net meer onlangs wat geslagloosheid wydverspreid onder mense bespreek word,” sê McGrath.

Pikkewynmannetjies en -wyfies lyk byna dieselfde, tree baie dieselfde op en verdeel die ouerpligte gelykop.

Die kuiken het ’n pers merker op die vlerk gekry en sal later moontlik deel word van die akwarium se witoorpikkewyn-teelprogram.

Witoorpikkewyne word as bedreig gelys op die Wêreldbewaringsunie (IUCN) se rooidatalys weens klimaatsverandering wat hul voedings- en nesmaakgewoontes beïnvloed, sê Sea Life.

Rocky en Marama is nie die eerste gay pikkewynpaartjie nie.

Dieretuine in Berlyn, Londen, Sydney en New York het ook al gay pikkewynbroeipare gehad wat suksesvol ’n ander pikkewynpaar se eier uitgebroei het.

Meer oor:  Londen  |  Pikkewyne  |  Gay
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.