Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
2 renosters in Limpopo gestroop
Een van die renosters wat op ‘n plaas buite Lephalale in Limpopo vir sy horings doodgemaak is. Foto: SAPD
Dié renoster is Saterdagmiddag dood op ‘n wildplaas buite Lephalale in Limpopo aangetref. Foto: SAPD

Twee renosters is op ’n wildplaas buite Lephalale in Limpopo doodgemaak.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê slegs een van die renosters se twee horings is afgekap.

Die ander renoster is doodgeskiet, maar sy horings is nie afgesny nie.

Mojapelo sê ’n reusesoektog is begin na die stroper(s) wat die twee diere op ’n plaas in die Dorset-gebied buite Lephalale doodgemaak het.

Werknemers op die plaas het laat Saterdagmiddag op die twee karkasse afgekom. Dit is nie seker wanneer die diere doodgemaak is nie.

Die polisie se eenheid vir bedreigde spesies is besig met ’n ondersoek.

Enigiemand met inligting kan ao. Johannes Jurgens van Heerden by 082 414 2337 of die polisie se noodnommer by 10111 bel.

Meer oor:  Limpopo  |  Renoster  |  Renosters  |  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.