Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
2 vas vir stroping van duisende bedreigde vetplantjies

Die stroping van klein waardevolle vetplantjies wat dekades kan neem om skaars so groot soos ’n koeldrankproppie te groei, kom steeds in die Wes-Kaap voor.

In die jongste voorval van die stroping van dié inheemse plantjies is twee verdagtes Dinsdag op die pad tussen Ashton en Robertson in hegtenis geneem nadat inligting ontvang is dat hulle duisende klein plantjies onwettig uitgehaal het.

Die vetplantjies is in drie wynbokse en ’n plastieksak gekry.

Die polisie se eenheid vir veediefstal en beskermde spesies in samewerking met Cape Nature het ’n voorval gaan ondersoek op ’n plaas naby Ashton en verneem die plantjies, ’n bedreigde spesie, word in ’n Ford EcoSport vervoer.

Die motor is afgetrek en toe dit deursoek word is daar afgekom op drie wynbokse met plantjies daarin, asook ’n plastieksak vol plantjies.

Volgens die polisie is daar 60 397 plantjies getel ter waarde van sowat R2,2 miljoen.

Die plantjies is van die Conophytum-genus.

Volgens die polisie is daar 60 397 plantjies getel met ’n geskatte plaaslike waarde van sowat R2,2 miljoen. Die polisie skat dat dit in die buiteland tot R24 miljoen werd kan wees.

Die polisie het ook beslag gelê op ’n bondel note, drie selfone en ’n skootrekenaar. Die twee verdagtes is onderskeidelik 71 en 44 jaar oud.

In Augustus is twee Tsjeggiese mans in besit van 1 026 vetplantjies betrap wat in die Knersvlakte en Richtersveld gestroop is. Dié mans is elkeen met R500 000 beboet en is uit die land gedeporteer.

Van die klein vetplantjies wat onwettig uitgehaal is.

Meer oor:  Bedreigde Spesies  |  Vetplante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.