Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
200 noorkapperwalvisse baljaar aan Kaapse kus

Altesaam 200 suidelike noorkapperwalvisse is in ’n jaarlikse lugopname tussen Nature’s Valley en Muizenberg aan die Kaapse kus opgemerk.

’n Walviskoei en -kalfie wat in die jongste opname van die walviseenheid van Tuks se soogdiernavorsingsinstituut opgemerk is. Foto: Walviseenheid van die Universiteit van Pretoria

Dié jaarlikse opname is tussen 30 September en 5 Oktober deur die walviseenheid van die Universiteit van Pretoria se soogdiernavorsingsinstituut gedoen. Dit is die 40ste keer dat dié opname gedoen is.

Die walviseenheid sê in ’n verklaring daar is 200 suidelike noorkapperwalvisse opgemerk, insluitend 190 walviskoeie met kalfies (95 pare) en tien volwasse walvisse sonder kalfies.

Dit is die tweede laagste telling van dié walvisse wat sedert Oktober 1995 opgemerk is. Die laagste telling was in 2016 toe 55 pare walvisse (koeie met kalfies) opgemerk is en ’n dramatiese afname van die 536 pare walvisse (’n rekordgetal) wat verlede jaar aan dieselfde deel van die kuslyn getel is.

Die walviseenheid vermoed die rede kan wees dat walvisse wat in die kuswater van die suidelike dele van Afrika kalf dit vroeër in die seisoen doen en dan ook die gebied vroeër weer verlaat. Die walviseenheid is besig met ’n ondersoek en voorlopige resultate wys dat dit met aardverhitting verband hou, wat die beskikbaarheid van kos beïnvloed.

Die walviseenheid gaan nou die jongste foto’s met dié van die vorige 39 jaar vergelyk. Daar is 2 300 herkenbare volwasse walvisse se foto’s in die eenheid se stelsel. ’n Rekenaarprogram word gebruik om die foto’s van die walvisse te vergelyk, waarna die walvisse finaal aan hul oë uitgeken sal word.

Deur dié data te ontleed, kan hulle met redelike akkuraatheid bepaal water walviskoeie vanjaar gekalf het, hoe lank dit hulle geneem het om ’n nuwe kalfie te kry, hul individuele verspreiding en patrone van beweging, sowel as hul algehele sukses met voortplanting.

Een van die suidelike noorkapperwalvisse wat deur die walviseenheid van Tuks se soogdiernavorsingsinstituut in ’n onlangse opname afgeneem is. Foto: Walviseenheid van die Universiteit van Pretoria

Meer oor:  Universiteit Van Pretoria  |  Kaapstad  |  Walvisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.