Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
3 renosters binne enkele dae in Limpopo gestroop

Waarskuwing: Die berig bevat foto’s wat sensitiewe lesers kan ontstel.

Drie renosters is in drie dae in Limpopo vir hul horings afgemaai.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die karkasse van twee witrenosters is Maandagmiddag op ’n wildplaas buite Hoedspruit gekry.

Die bebloede karkas van ’n witrenoster wat Maandag buite Hoedspruit afgemaai is. Foto: SAPD

Die renosters is vermoedelik al Sondagaand met jaggewere doodgeskiet voordat hul horings afgekap is. Werknemers van die wildplaas het Maandagoggend op die karkasse afgekom.

Daar is Sondagaand skote gehoor en die eienaars van die wildplaas het toe patrollies in die gebied vermeerder.

Ngoepe sê die naam van die wildplaas word weerhou uit vrees dat nog renosters moontlik gestroop kan word.

Die karkas van ’n renoster wat buite Hoedspruit in Limpopo doodgemaak is. Foto: SAPD

Dié voorval kom nadat ’n witrenosterkarkas Vrydag buite Dorset in die Waterbergstreek van Limpopo gekry is.

Ngoepe sê werkers op ’n wildplaas het op die bebloede karkas afgekom.

In albei voorvalle is daar geen teken van die stropers nie.

Enigiemand met inligting oor die stropery in Hoedspruit kan kol. Alpheus Mokale by 082 565 6524 of ao. Johan Chomse by 063 316 9809 bel.

Enigiemand met inligting oor die voorval buite Dorset kan ene ao. Van Heerden by 082 414 2337 bel.

Dié renosterkarkas is Vrydag op ’n plaas in Dorset, Limpopo, gekry. Foto: SAPD
Meer oor:  Limpopo  |  Renosters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.