Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Sewe leeus almal gevind

Al sewe leeus wat Maandagaand uit ’n hok op ’n wildplaas in Limpopo ontsnap het is gevind. 

Zaid Kalla, woordvoerder van die departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme in Limpopo, het Netwerk24 Dinsdagaand laat weet dat vier van die leeus wat nog op vrye voet was, gevind is. 

’n Lokval met karkas is vir die leeus naby die wildplaas, waar hulle ontsnap het, opgestel en hulle is so gevang.

Die eerste drie ontsnapte leeus is Dinsdagoggend gevind en met verdowingspyle geskiet en daarna na ’n veilige omgewing gebring.

Die drie leeus wat gevind is, is met ’n verdowingspyl geskiet.

’n Veearts help met die soektog om die leeus met verdowingspyle te skiet as hulle gevind word.

Kalla sê die leeus het deur ’n hek, waar glo ingebreek is, ontsnap.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het die sewe leeus uit die hok op Ingogo Safaris, ’n wildplaas in die Alldays-omgewing, ontsnap. Leeus word op die wildplaas geteel en die plaas het volgens Kalla ’n permit daarvoor. 

Netwerk24 het vroeër berig die leeus het deur ’n hek, waar glo ingebreek is, ontsnap. 

“Ons laat die plaas sy eie ondersoek doen aangesien hulle ook sabotasie vermoed,” sê Kalla.

Drie van die leeus is Dinsdag gevind en vier is steeds op vrye voet.

Meer oor:  Limpopo  |  Ontsnap  |  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.