SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Omgewing
400 buffels verdrink in Choberivier

Inwoners van nedersettings aan die grens tussen Namibië en Botswana naby die Choberivier het Donderdag begin om die karkasse van 400 buffels wat in die rivier verdrink het, op te kap.

Dit kom nadat minstens 400 buffels Dinsdagnag in die Choberivier in Namibië verdink het toe hulle vermoedelik deur ’n trop leeus gejag is.

Verskeie mense het in bakkies en motors daar opgedaag en begin om die karkasse op te kap. Die vleis is in die voertuie gelaai, terwyl die ingewande in die rivier of op die oewer gelos is.

Van die buffels wat in die Choberivier verdrink het, se karkasse dryf in die water. Foto: SERONDELA LODGE

Werknemers van die Serondela Lodge, wat naby die rivier is, het foto’s verskaf van hoe mense die karkasse opkap.

Simone Micheletti, besturende direkteur van die Serondela Lodge, sê die verdrinking van die buffels is aardig.

Mense het Woensdagoggend op die ontstellende gesig afgekom van die honderde buffels wat in die water in die Choberivier dryf, berig AFP.

The Namibian berig inwoners van die Kavulavula-nedersetting het glo eerste op die dooie buffels in die rivier afgekom.

Die karkasse van honderde buffels wat in die Choberivier verdrink het. Foto: SERONDELA LODGE

Die Choberivier is aan die noordoostelike grens van die Chobe Nasionale Park.

Romeo Muyunda, woordvoerder van die Namibiese departement van omgewingsake, sê sulke massaverdrinkings is nie ’n vreemde verskynsel in die gebied nie.

Hy sê die vermoede bestaan dat ’n trop of dalk ’n paar troppe leeus die buffels van Botswana af gejaag het.

In ’n poging om weg te kom, het die buffels mekaar vertrap, in die rivier beland en toe verdrink.

Mense aan die oewer van die Choberivier kap buffelkarkasse op. Foto: SERONDELA LODGE

Omgewingskenners is Woensdag na die gebied om ’n ondersoek te doen. Hule het bevind die buffels is nie aan ’n siekte vrek nie, maar het verdrink.

Die owerhede het besluit mense in nabygeleë nedersettings mag die karkasse uit die rivier haal en dit opkap vir vleis.

Muyundu sê dit is nog te vroeg om te bepaal watter invloed die massaverdrinking van die buffels op die omgewing sal hê.

Die gebied tussen Botswana en Namibië is bekend om sy groot buffelbevolking, met tot soveel as 4 000 wat al getel is.

Inwoners aan die oewer van die Choberivier gaan haal buffelkarkasse. Foto: SERONDELA LODGE

Meer oor:  Serondela Lodge  |  Choberivier  |  Buffels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.