Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
5 kampe in Krugerwildtuin ontruim weens swaar reën

Die Shingwedzi-kamp en vier bosveldkampe in die noordelike dele van die Krugerwildtuin is Saterdagaand ontruim weens swaar reën en die moontlikheid van vloede.

Die tropiese sikloon Eloise, wat intussen na ’n laagdrukstelsel afgegradeer is, het swaar neerslae in dele van Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal veroorsaak.

Ike Phaahla, woordvoerder vir Sanparke, het Sondag gesê die Sirheni-, Bateleur-, Shimuwini- en Talamati-bosveldkampe is ook ontruim en besoekers is na die Mopani- en Olifants-kampe geskuif.

Besoekers in die suidelike dele van die wildtuin is gewaarsku dat toestande daar ook kan versleg en dat sommige dele dalk ontruim sal moet word.

Daar is ’n moontlikheid van vloede in die Skukuza- en Letaba-kampe.

Sanparke het op die wildtuin se sosialemedia-blaaie gesê riviere in die suide vloei sterk en het besoekers gevra om eerder nie op die paaie te wees nie, maar binnenshuis te bly.

“Bly weg van laagliggende brûe en grondpaaie. Dit kan nodig wees om te ontruim indien die situasie verder versleg. Gaste moet hul samewerking aan die rampbestuur-eenheid gee.”

Talle paaie in die noordelike deel van die wildtuin is reeds gesluit, asook die Sable-skuilplek.

Die brug na die Sirheni-bosveldkamp het weggespoel. Al die grondpaaie rondom die Mopani-kamp is gesluit en daar is nie toegang na die Boulders- en Shimuwini-bosveldkampe nie. Die pad tussen Mopani en Phalaborwa is gesluit en besoekers moet deur Letaba na Phalaborwa ry.

In die verre noorde van die wildtuin is die H13-1-teerpad naby die Punda Maria-kamp gesluit. Die H14 is aan Phalaborwa se kant gesluit en die Tzendze-brug op dié pad het verspoel.


Meer oor:  Krugerwildtuin  |  Swaar Reën  |  Eloise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.