Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
5 leeus ontsnap uit die Krugerwildtuin

Die polisie in Mpumalanga het Maandag motoriste en voetgangers in die omgewing van die Lebombo-grenspos tussen Mosambiek en Suid-Afrika gewaarsku om op hul hoede te wees vir vyf leeus wat vroegoggend uit die Krugerwildtuin ontsnap het.

“Dit is nog onduidelik hoe die leeus ontsnap het, maar hulle is Maandagoggend omstreeks 05:00 vir die eerste keer gewaar,” het brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, Maandagaand gesê.

Volgens hom het wildbewaarders die leeus probeer aankeer, maar het hulle glo in bosse ingehardloop en kon nie dadelik gevang word nie.

“Die polisie het later die dag weer die leeus gewaar en die wildbewaarders na die toneel ontbied, maar teen omstreeks 22:00 was daar nog geen teken van hulle nie.

Volgens Hlathi is die leeus omstreeks 21:40 onder ’n lae brug om die Mananga- nasionale pad gewaar.

Hy het voetgangers en motoriste wat dalk hulself langs die pad wil verlig, gewaarsku om op hul hoede te wees.

“Dit is ’n baie besige area waar die leeus hulle bevind en ’n mens moet onthou hulle is van nature vleisvreters,” sê Hlathi. Volgens hom het die leeus Maandagaand reeds iemand se beeste in die omgewing probeer aanval.

“Ons waarsku voetgangers om ekstra versigtig te wees en eerder die area te vermy indien moontlik en vra motoriste om voorlopig nie in die gebied stil te hou nie,” sê Hlathi.

“Hierdie is uiters gevaarlike diere en mense moet baie versigtig wees. Wildbewaarders probeer hul bes om die diere aan te keer, maar die vlak van gevaar is op die oomblik steeds baie hoog.”

Meer oor:  Krugerwildtuin  |  Waarskuwing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.