Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
6 stropers al in Oktober in Krugerwildtuin vasgetrek

Ses verdagtes is sedert die begin van Oktober in drie verskillende teenstropingsoperasies in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.

“Wat hierdie statistiek so interessant maak, is dat 17 mense verlede jaar in Oktober vir stroping in hegtenis geneem is – en ons is nog nie eens aan die einde van die maand nie,” sê Isaac Phaahla, woordvoerder by Sanparke. “Ons wil kyk of ons dié getal dalk kan oortref.”

Foto ter illustrasie. Foto: Getty Images

Drie swaarkaliber-jaggewere is ook tydens die operasies gekonfiskeer.

Die ses verdagtes is tans in aanhouding by die Skukuza-polisiekantoor en sal volgende week op klagte van stroping en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in die hof verskyn.

Phaahla sê Sanparke maak al hoe meer van tegnologie gebruik om stroping onder diere soos olifante en renosters hok te slaan.

“Die gebruik van hoëtegnologie-opsporingstoestelle en die invordering van intelligensie onder plaaslike gemeenskappe het baie te doen met die suksesse wat ons behaal,” sê hy. “Natuurlik speel die toegewyde mense wat ons op die grond en in die lug het ’n groot rol. Elke operasie word met militêre presiesheid beplan en uitgevoer,” sê Phaahla. “Veldwagters, die honde-eenheid en die gebruik van helikopters speel ’n reuse-rol in die bekamping van stroping.”

Volgens Phaahla is die ses vermeende stropers in die suide van die Krugerwildtuin aangekeer.

“Geen olifante is sedert April in die Kruger Nasionale Park gestroop nie, wat verblydend is. Met al dié hulpmiddels beweeg ons in die regte rigting om geleidelik die oorlog teen stropers te wen en die bewaring van ons natuur- en dierelewe vir die nageslag te verseker,” sê Phaahla.

Meer oor:  Krugerswildtuin  |  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.