Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Miljoen kartonne tafeldruiwe bly dalk in slag weens hael
Boere in die omgewing Halfmanshof en Wellington het gekla oor groot skade aan hul wyn- en tafeldruiwe. Foto: Landbouweekblad
Groot korrels hael het vir die eerste keer in jare in dele van die Boland geval. Foto: Landbouweekblad
Foto: Landbouweekblad
Foto: Landbouweekblad
Foto: Landbouweekblad
Foto: Landbouweekblad

 Wes-Kaapse boere, veral in die Boland, is nie gewoond aan hael dié tyd van die jaar nie.

Só het Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, Dinsdag gesê nadat boere groot skade weens Maandag se hael aangemeld het.

“Die hael het so streek vir streek verby gegaan,” het hy gesê.

Dit het tot in Swellendam en ­Riversdal in die Suid-Kaap geval.

Landbouweekblad het op sy webblad berig boere in die Boland het skade van miljoene rande gely. Sowat 250 ha is in dié streek geraak.

Boere in die omgewing skat dat die skade tot ’n miljoen kartonne tafeldruiwe kan beloop.

Opperman het gesê dit is moeilik om die skade te vergelyk. 

“Boere sal eers in die volgende paar weke kan vasstel of die plante gered kan word en watter dele van die boord beskadig is.”

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.