Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Aarde se bokors vibreer minder weens inperkings

Die aarde se bokors vibreer minder weens al die verwikkelinge en maatreëls rondom die Covid-19-pandemie.

Seismoloë wêreldwyd het ’n afname in seismiese geraas waargeneem, berig CNN. Dit beteken die vibrasies van voertuie, treine en busse is minder, en in die afwesigheid van dié geraas beweeg die aarde se bokors minder.

Thomas Lecocq, ’n geoloog en seismoloog aan die Royal Observatory in België, het eerste op dié verskynsel in Brussel gewys, berig CNN.

Volgens Lecocq is daar sedert middel Maart in Brussel ’n afname van ongeveer 30% tot 50% in die seismiese geraas. Dit is ongeveer die tyd toe België se skole en ondernemings gesluit en ander maatreëls weens die uitbreking van Covid-19 in plek gestel is. Hy sê die geraasvlakke stem ooreen met wat seismoloë op Kersdag sou sien.

Sowat 4 miljard mense, rofweg die helfte van die wêreld se bevolking, is tans ingeperk.

Sowat 4 miljard mense, rofweg die helfte van die wêreld se bevolking, is tans ingeperk.

Volgens CBS News beteken die afname in seismiese geraas dat seismoloë die seldsame geleentheid het om kleiner aardbewings, vulkaniese aktiwiteit en ander subtiele aardtrillings op te spoor, wat andersins nie deur sekere seismiese stasies geregistreer sou word nie.

Lecocq sê die seismiese stasie in Brussel is normaalweg “basies nutteloos”. Seismiese stasies word buite stedelike gebiede ingerig omdat dit makliker subtiele vibrasies in die grond optel. Die seismiese stasie in Brussel is meer as ’n eeu gelede gebou.

Sedert Lecocq sy bevindinge aanlyn gedeel het, is dit deur ander seismoloë oor die wêreld heen bevestig. Navorsers in Nieu-Seeland, Skotland, die VSA, Engeland en Frankryk het almal soortgelyke berigte oor verminderde geraas getwiet.

Lecocq het aan die Independent gesê die bevindinge is ook sosiologies belangrik, want elke individu dink hy is alleen tuis, maar almal saam maak ’n groot verskil aan die seismiese omgewing.

Volgens Lecocq is daar egter geen bewyse dat ’n afname in menslike aktiwiteit aardbewings sal verminder nie.


Meer oor:  Inperkings  |  Aarde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.