Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Afsnylaag bring swaar reën, oorstromings
Hael en reën Sondag in Postmasburg in die Noord-Kaap. Cindie Ehlers het die foto op die Facebook-groep Reënval in SA geplaas.Foto: Facebook/Reënval in SA
Hael het Saterdag tussen Wesselsbron en Bothaville in die Vrystaat geval. Foto: Verskaf

Nog swaar reën wat tot oorstromings kan lei word vir dele in die Vrystaat en Noord-Kaap voorspel voordat die koue, nat weer na verwagting teen Woensdag sal opklaar.

Dit volg ná ’n koue en nat Paasnaweek in die gebied waar dit tot 40 mm binne 24 uur op plekke geval het.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen hewige donderstorms en oorstromings oor die sentrale en noordoostelike dele van die Noord-Kaap Dinsdag. Hewige storms wat tot hael en sterk winde kan lei, kan in die westelike dele van die Vrystaat voorkom.

Tonie Rossouw van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein sê ’n afsnylaag oor die westelike binneland veroorsaak onstabiele lug oor die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes.

Rossouw voorspel ook swaar reën in die streek, met die moontlikheid van oorstromings in die oostelike dele van die Noord-Kaap en dele van die Vrystaat. Veral die suidelike dele van die Vrystaat gaan goeie neerslae kry.

Van Maandag tot Woensdag word reën van meer as 50 mm op plekke in die provinsie voorspel. Hy sê selfs tot 60 mm sal in dié tydperk oor plekke uitsak.

Die rivier by die Goldfields-wildplaas buite Virginia voordat dit Paasnaweek vanweë swaar reën oor die keerwal gevloei het.Foto: Verskaf

“Dit is reeds nat. So ons verwag grondpaaie en laagwaterbrûe gaan oorspoel,” sê Rossouw.

Sterk winde kan ook Dinsdag in die Noord-Kaap en Vrystaat voorkom, sê die weerdiens.

Rossouw sê hoewel die afsnylaag en bewolkte toestande koue voortbring, is daar nie “ ’n groot koue” op pad nie.

Die toestande bring baie vog oor die binneland mee en dus is daar nie ’n gevaar vir ryp nie – “ten minste nie vir die Vrystaat en die mielieproduserende dele nie”.

Dit het gesneeu op die Maluti-bergreeks, maar Rossouw vermoed dit sal veral aan die Vrystaat-kant baie vinnig smelt weens al die reën.

Die Doringrivier wat langs die Goldfields-wildplaas buite Virginia in die Vrystaat vloei, stroom oor die keerwal. ’n Aangrensende pad is ook oorstroom. Foto: Verskaf
Motoriste het foto’s aangestuur van swaer hael wat Saterdag die pad tussen Wesselsbron en Bothaville bedek het. Foto: Verskaf

“Die weer begin van Woensdagmiddag uit die weste opklaar, dan word ’n sonnige week vir die res van die week voorspel.”

Volgens die weerdiens se verslag is 40 mm vir Sondagoggend tot Maandagoggend in Postmasburg, waar hael ook voorgekom het, in die Noord-Kaap gemeet. By Vaalharts is 30 mm gemeet.

Vir dié tydperk is 19 mm by die weerkantoor in Bloemfontein gemeet, met 33 mm by die weerkantoor in Bethlehem en 44 mm by die Gariepdam.

Motoriste het foto’s gestuur van swaer hael wat Saterdag die pad tussen Wesselsbron en Bothaville bedek het.

Op die Facebook-groep Reënval in SA het Jaco Herbst gesê 50 mm reën het van Sondag 11:00 tot Maandag 04:30 in Olifantshoek in die Noord-Kaap geval.

Albré Venter het 100 mm by die Goldfields-wildplaas buite Virgina vir Saterdag en Sondag gemeet. Hy sê die

Doringrivier wat langs die plaas verbyloop, loop oor sy walle. Een van die paaie is ook oorstroom.

Wollie Pieterse het op die groep ’n foto geplaas waar ’n reënmeter in Kroonstad op 90 mm lê vir Saterdagnag tot Maandagoggend.

Meer oor:  Vrystaat  |  Storms  |  Weervoorspelling  |  Weer  |  Oorstromings  |  Vloedskade  |  Swaar Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.