Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Aktiviste het myn se lisensie in die visier

Omgewingsbewustes en grondeienaars buite Dullstroom is op die oorlogspad omdat ’n waterlisensie aan ’n steenkoolmyn in die opvangsgebied van die Elandsrivier in Lakenvlei in Mpumalanga toegestaan is.

Marthán Theart van die Sentrum vir Omgewingsreg (CER) het Maandag gesê Birdlife SA en die Escarpment Environment Pro­-
tect­ion Group (EEPG) gaan hulle op die Watertribunaal beroep om die waterlisensie afgekeur te kry.

Die CER gaan boonop vandeesweek hooggeregshof toe om Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, te dwing om die gemeenskap se briewe te beantwoord.

Henk Scheepers, grondeienaar, sê die gemeenskap het al twee jaar gelede appèl aangeteken teen die mynreg wat aan die mynhuis William Patrick Bower gegee is.

“Die minister het tot vandag toe nie ons briewe beantwoord nie. Ons word geïgnoreer en die volgende oomblik hoor ons dat die departement van water en sanitasie ’n waterlisensie aan die mynhuis uitgereik het.

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat steenkool nou in hierdie unieke, waterryke plek gemyn gaan word,” sê Scheepers.

Lakenvlei is die laaste broeiplek van Suid-Afrika se drie erg bedreigde kraanvoëlspesies. Volgens Peter Ardene, ook ’n grond­eienaar, is die Mpumalanga-toerisme-en-parkagentskap besig met die proses om die groter Steenkampsberg en Lakenvallei tot ’n bewaarde gebied te verklaar.

Johan Maré, omgewingskonsultant van Menco, wat die proses namens die mynhuis behartig, sê die mynmaatskappy het langer as drie jaar op die waterlisensie gewag.

“Dit is ’n baie progressiewe waterlisensie waarby streng vereistes ingewerk is.”

Hy sê William Patrick Bower is die eienaar van die twee plase, Lakenvallei en Groenvlei, waarop die myn beplan word en sal waarskynlik sodra alles gereed is “die mynreg en alles wat daarmee saamgaan”, verkoop.

Meer oor:  Water  |  Steenkool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.