Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
‘As ek nie hoop gehad het, het ek al geloop’
Don EnglishFoto’s: Sanparke

Die stryd teen renosterstropers is, net soos ’n oorlog, ’n stryd om lewe en dood, sê Afrika se voorste veldwagter.

Don English van Sanparke, wat in die Krugerwildtuin werk, is Vrydagaand op Wêreld-veldwagterdag as Afrika se beste veldwagter vereer.

“Die oorlog teen renosterstropers is soos ’n oorlog teen terroriste.

“Stropers kom daagliks met oorlogswapens die wildtuin binne om Suid-Afrika van sy natuurlike erfenis te be-roof.

“Dít is teen hierdie mense wat ons veg,” sê English oor sy dagtaak.

Wêreld-veldwagterdag is in 2007 deur die Internasionale Federasie van Veldwagters ingestel.

Rhino Conservation Awards, wat die prys toegeken het, het English Vrydag tydens die aanlyn prysuitdeling geloof vir sy vasberadenheid onder uitdagende en gevaarlike omstandighede, asook vir sy uitmuntende leierskap.

English sê hy weet sy naam is op verskeie smokkelsindikate se moordlyste.

Die sindikate se stropers kom die wildtuin binne met oorlogswapens, soos AK47-aanvalsgewere, en soms selfs handgranate.

Dit is ook ’n sielkundige oorlog, vertel English.

Ná elke kontak met stropers waar ’n skietery plaasvind, moet veldwagters berading kry, wat deur Sanparke gereël word.

Hierdie oorlog kos Suid-Afrika miljarde rande, sê English.

Albert Smith

Maar hy het hoop vir Suid-Afrika se bedreigde spesies, en veral vir renosters.

“As ek nie hoop gehad het nie, sou ek lankal my goed gevat en padgegee het.”

Maar, sê hy, daar moet veranderinge kom.

“Dringend, ook.”

Die vraag na renosterhoring in Oosterse lande moet gesmoor word, stropers moet vinniger verhoor word en as hulle skuldig bevind word, moet hulle baie, baie swaarder gestraf word, meen hy.

Vermeende stropers kry ook te maklik borgtog.

“Ek het al vier keer dieselfde stroper gevang. Hy verskyn in die hof, kry borgtog en stroop net weer.

“Daar moet ook sterk politieke optrede vanaf owerheidskant kom om stropery stop te sit.”

English sê die burgerlike samelewing moet “druk plaas op die owerheid om die regstelsel te verander en om te help met die bewusmaking oor renosters en hul horings in lande in Suidoos-Asië”.

English sê hy is sy kollegas innig dankbaar vir die feit dat hulle in hom glo. Dit is hulle wat hom vir die prys benoem het.

Albert Smith, wat as naasbeste veldwagter in Afrika aangewys is, het gesê die taak van veldwagter is nie net meer om wild in ’n reservaat op te pas nie.

Volgens Smith het veld­wagters se beroep in 2008 drastie­s verander toe renosterstropery in felheid toegeneem het.

Hy sê sedert die uitbreking van Covid-19 en die inperking plaasgevind het, het stropery onder kleinwild ook toegeneem.

“Mense is honger en hulle stel strikke.”

Smith is afdelingsveldwag­ter by die Malelane-veldwagterseenheid in die Krugerwildtuin,

Meer oor:  Sanparke  |  Stropery  |  Renosterstropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.