Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Bal aan die rol vir Sisulu om by Vaalrivier in te gryp

Die bal is uiteindelik aan die rol vir Lindiwe Sisulu, minister van water en sanitasie, en haar departement om in te gryp by die krisis in die Vaalrivierstelsel.

Steve Motale, Sisulu se woordvoerder, het Dinsdagmiddag gesê dit is net “ ’n kwessie van tyd” voordat die departement se herstelwerk aan die rivierstelsel begin.

“Die tender- en verkrygingsprosesse vir die werk aan die Vaalrivierstelsel is reeds aan die gang,” sê hy.

Dit kom nadat Sisulu vroeër vanjaar aangedui het dat haar departement die waterdienste by die sukkelende Emfuleni-munisipaliteit sal oorneem.

Sy het toe die inwoners en sakegemeenskap wat deur dié munisipaliteit bedien word, opnuut die versekering gegee dat die departement die waterverskaffing en -infrastruktuur in dié munisipale gebied sal herstel, berig Sarel van der Walt.

Die verwaarloosde water- en sanitasie-infrastruktuur van die Emfuleni-munisipaliteit – wat onder meer Vanderbijlpark, Vereeniging, Evaton, Sebokeng en Vaaloewer bedien – het die afgelope meer as ’n dekade daartoe bygedra dat groot hoeveelhede rioolvuil in die Vaalrivier beland het.

Die besoedeling is so erg dat die Menseregtekommissie dit tot ’n menseregteskending verklaar het.

Sowat 19 miljoen Suid-Afrikaners is afhanklik van die Vaalrivierstelsel se water.

Lees ook: Klag ingedien teen Emfuleni-hoë

Sisulu het Dinsdag in ’n verklaring gesê sy het verlede week finale goedkeuring by die kabinet gekry om by die Emfuleni-munisipaliteit in te gryp. Sy sal vandeesweek verdere gesprekke met belanghebbendes voer oor die pad vorentoe, “en om te verseker dat daar geen verdere vertragings met betrekking tot herstelwerk is nie”.

Luidens Sisulu se verklaring Dinsdag is Rand Water ookas administrateur van die projek aangestel.

“Noudat die kabinet ons ingryping goedgekeur het, moet ons skouer aan die wiel sit. Ons moet al ons energie gebruik om die waterkrisis in die Emfuleni-munisipaliteit reg te stel,” sê Sisulu.

“Die regering sal die bestaande infrastruktuur herstel, maar ons doen ’n beroep op plaaslike leiers en gemeenskapslede om die infrastruktuur op te pas. Vandalisme bly ’n groot probleem. Dit is slegs die gemeenskap wat dit kan voorkom. Om ’n sukses van die projek te maak, sal beteken dat almal hul kant moet bring en hul volle samewerking moet gee.”

Meer oor:  Vaalrivierstelsel  |  Lindiwe Sisulu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.